braai en wen groot met . . .
Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en baie warm sal wees met enkele donderbuie. Geïsoleerde tot verspreide donderstorms word in die Noordweste, die Otjozondjupa- en Omahekestreek verwag, terwyl dit winderig in die Weste en Suide gaan wees. Die kus kan ook gedeeltelik bewolkte en koel tot warm weer verwag, met enkele reënbuie in die verre Suide. Dié pragfoto van donker wolke wat Camp Gecko in die suidweste van Namibië nader, is deur Heidi Fink op die Facebook-groep “Reën in Namibia” gedeel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie