Rentekoerse bly dieselfde
Jo-Maré Duddy - Die Bank of Namibia (BoN) het vanoggend sy repokoers onveranderd op 7% gelaat. Dit beteken handelsbanke se prima-uitleenkoerse bly ook op 10,75%.
Mnr. Ipumbu Shiimi, president van die BoN, het dié besluit aan onder meer die beduidende afname in kredietgroei van veral verbruikers toegeskryf.
Hy het verbruikers nietemin gemaan om hul skuldlus in toom te hou.
Meer hieroor môre in Die Mark.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie