• Tuisblad
  • Weer
  • Reënseisoen: Risiko vir droogte steeds hoog
Reu00ebnseisoen: Risiko vir droogte steeds hoog
Reu00ebnseisoen: Risiko vir droogte steeds hoog

Reënseisoen: Risiko vir droogte steeds hoog

'n Weerkenner sê die huidige droogtetoestande word onder meer deur ongunstige toestande in die Indiese Oseaan veroorsaak en El Niño is (nog) nie daarvoor te blameer nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Boere moet bedag wees daarop dat die huidige reënseisoen steeds 'n hoë risiko vir droogte inhou, gegewe die onsekerheid, asook negatiewe vooruitsigte wat tans vir reën in Namibië bestaan.

Veeboere word aangeraai om hul beskikbare weiding en veegetalle betyds te sinchroniseer – vóór die winter.

'n Verdere aanbeveling is dat veeboere voorts tweeweekliks of maandeliks 'n opname moet doen van hoeveel dit gereën het en hoe hul weiding vergelyk sodat veegetalle betyds daarvolgens aangepas kan word.

Die landbouweerkundige, mnr. Johan van den Berg, wat verbonde aan Santam Landbou is, het aan Republikein gesê hy wil nie die huidige weersomstandighede té negatief opsom nie, maar dit bly belangrik om realisties te wees.

“Ek hoop ek is verkeerd,” het hy gesê.

INDIESE OSEAAN

VEROORSAAK DROOGTE

“El Niño-toestande het eers in Oktober vanjaar begin ontwikkel, ná aanduidings aanvanklik was dat dit reeds teen Julie of Augustus sou begin.

“Hoewel El Niño-toestande intussen ontwikkel het, word dit nog nie werklik met weerstelsels verbind nie. Die droogte wat ons tans ervaar, is te wyte aan ander faktore soos byvoorbeeld ongunstige toestande in die Indiese Oseaan,” het Van den Berg gesê.

Volgens hom is daar in die kort termyn 'n skraal kans op reën net ná Kersfees, maar ook net oor die noordoostelike dele van die land.

“Die groot onsekerheid en kommer is dat El Niño se uitwerking tussen Februarie en April kan inskop.

“Hierdie is uiters belangrike maande vir landbou, want dit bepaal toekoms­tige landboutoestande van laatsomer tot die volgende somer – dwarsdeur die winter,” het hy gesê.



ANDER FAKTORE

Van den Berg sê 'n klein kans bestaan dat nog reën in Januarie en dalk Februarie kan val, voordat El Niño ten volle in werking is.

“Dit is belangrik om te onthou die El Niño-weersverskynsel beteken nie áltyd droogte nie.

“In ongeveer 30% van gevalle, of in drie uit tien jaar waartydens El Niño weerstoestande oorheers, kan goeie reën steeds voorkom.

“Dít was byvoorbeeld die geval in die 1997-'98-reënseisoen, toe een van die sterkste El Niño-jare voorgekom het. Toe het dit in die tweede helfte van die seisoen redelik goed gereën.

“Daar is dus ander faktore as El Niño wat reënval ook beïnvloed,” het hy gesê.

Intussen het die Amerikaanse Weervoorspellingsentrum en die Internasionale Navorsingsinstituut vir Klimaat en Samelewing Donderdag weer 'n uitkykstatus uitgereik, waarvolgens die kans op 'n swak El Niño-weersverskynsel nou op sowat 90% staan.

Na verwagting sal dit hierdie somer reeds ontwikkel met 'n 60%-kans om tot herfs volgende jaar voort te duur.

Tog het neutrale Enso-toestande in November voortgeduur ten spyte van bo-normale seeoppervlaktemperature oraloor die ekwatoriale Stille Oseaan.

Enso staan vir die El Niño- Suidelike Ossilasie klimaatspatroon.



DAAR ÍS HOOP

Van den Berg sê Suider-Afrika is tans naby aan die einde van 'n droogtesiklus wat sedert 2012 heers.

“Dit is dus moontlik dat natter toestande binne die volgende jaar of twee kan begin voorkom. Die uitdaging is egter om dié seisoen te oorleef.

“Verder moet onthou word veral seisoensvoorspellings is dikwels verkeerd. Dit verbeter waarskynlik ook nie en die uitwerking van klimaatsverandering bemoeilik dit verder.

“Voorspellings gee slegs 'n aanduiding van wat verwag word. As dit nie saam met werklike toestande oorweeg word nie, kan dit méér misleidend wees as om na geen voorspellings te luister nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%