Renosterwesies het melk nodig
Twee renosterkalfies wie se ma's die slagoffers van stropery is, moet tot op 15 maande met spesiale melk gevoed word.
Francoise Steynberg - Die vyf maande oue witrenosterkalfie van 'n gewonde koei wat tydens 'n stropingsgeval Saterdag in Sentraal-Namibië vermis geraak het, is Dinsdagnamiddag gevind.
Ongelukkig het die verskalfie se ma, een van vier gewonde renosters, Dinsdagnamiddag aan haar erge beserings beswyk, het mnr. Jaco Muller van die private renosterbewaringsorganisasie, Help our Rhinos Now Namibia (HorN.nam), gister aan Republikein bevestig.
Sy is een van ses slagoffers van renosterstropery op 'n private plaas. Nambië se renosterstropingsyfer staan nou op 31 vir vanjaar.
Dit volg nadat een renosterkoei Saterdag gestroop en haar horings verwyder is. Nadat 'n bulkalf se ma gewond is, het hy weens die stres sonder sy ma gevrek.
Vier renosters is gewond, naamlik twee koeie, een bul en een jong vers. Die twee koeie is deur 'n veearts behandel, maar een is gisternamiddag vrek en die ander een se toestand is kritiek. Die ander twee behoort te oorleef.
“Die koei wat gevrek het se vyf maande ou verskalfie was vermis, maar ons het haar Dinsdagnamiddag gevind en dit gaan goed met haar,” het Muller gesê.
"Sy is met 'n helikopter opgespoor en is met 'n pylgeweer vanuit die helikopter verdoof," het hy gesê.
Nou is sy in die sorgsame en veilige hande van 'n veeartsverpleegster wat vir haar spesiale melk met 'n bottel moet gee.
Drie verdagtes is in hegtenis geneem.
MELK NODIG VIR 2 WESIES
Volgens Muller benodig die witrenosterkalfie van vyf maande oud 20 liter vetvrye langlewemelk per dag. As die kalf ses maande oud word, gaan sy 25 liter melk per dag drink.
"Sy is nie die enigste renosterwesie wat dié soort melk moet kry nie. Daar is ook 'n vier tot vyf maande oue swartrenosterbulletjie wie se ma 'n paar maande gelede ook deur renosterstropers afgemaai is.
Muller doen 'n beroep op die publiek en maatskappy om te help om die twee renosters van melk te voorsien.
"Ons het 'n kundige wat al renostertjies grootgemaak het, genader om vir ons meer inligting oor die voeding van die renosterwesies te gee. Hulle moet tot op sowat 15 maande oud vetvrye langlewemelk drink voor hulle vaste kos kan eet. Dit kan net hierdie tipe melk wees, want volroom melk gee hulle diarree."
Die koste daaraan verbonde om een wesie melk vir 15 maande te gee, is ernorm en beloop sowat N$173 000. Een liter vetvrye langlewemelk kos tussen N$16 en N$20 per liter.
Muller het die volgende beraamde syfers verskaf om een renosterwesie van melk te verskaf: 'n Renosterkalfie van tussen 2 en 3 maande oud benodig 13 l melk per dag, wat altesaam 396 l per maand is; 'n kalfie van tussen 4 en 5 maande oud benodig 15 l per dag, wat 458 l per maand is; 'n kalfie van tussen 5 en 6 maande oud benodig 20 l melk per dag, wat 610 l per maand is; en 'n kalfie van tussen 6 en 15 maande oud benodig 25 l per dag, wat gelykstaande aan 762 l per maand is.
Die totale hoeveelheid melk om 'n renostertjie tot op 15 maande te voer, is 9 633 liter.
Muller het 9 633 l melk teen 'n gemiddeld van N$17,95 per liter uitgewerk (wat dit tans op die platteland kos) met die totaal wat op N$172 912,35 per kalfie te staan kom.
HoRn.nam bedank The Rouhland Workshop in Windhoek en OK Foods Outjo wat reeds melk geskenk het, asook vir Namibia Dairies en Namibia Breweries Limited (NBL) in die O&L Groep en Seapride Foods Namibia wat onderneem het om steun te gee.
Enigiemand is welkom om vetvrye langlewemelk te skenk of 'n finansiële bydrae te lewer by HoRN.nam, First National Bank se Otjiwarongo-tak met takkode 280 673 en rekeningnommer 622 518 113 55. Vir verdere navrae, stuur 'n e-pos na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie