Renosters: 162 in twee jaar gestroop
Renosters: 162 in twee jaar gestroop

Renosters: 162 in twee jaar gestroop

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Tot dusver is 37 renosters vanjaar gestroop en 2015 se stropingsyfer van 90 het tot 125 gestyg.
Dit bring die landwye totaal van gestroopte renosters die afgelope twee jaar op 162 te staan.
Die rede vir die styging is volgens die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, dat die nadoodse ondersoeke van die gestroopte renosters aandui dat 35 karkasse wat vanjaar gevind is, reeds in 2015 gestroop is. Die minister het gister tydens ’n nuuskonferensie in Windhoek bevestig van die 37 renosters wat vanjaar gestroop is, was 28 in die Etosha Nasionale Park, agt in die Kunenestreek en een op ’n plaas.
Wat olifantstropery betref, is die amptelike syfers 31 vir vanjaar en 49 in 2015. Shifeta het verlede week ’n lugpatrollie in die Zambezistreek gedoen en drie olifantkarkasse gevind, waarvan een baie vars was, een sowat ’n maand oud en die ander een se tande was nie verwyder nie.
“Meer lugpatrollies word in al die uithoeke van die Etosha en Bwabwata nasionale parke gedoen. Verlede jaar se stroping van 125 renosters het meestal in die eerste vier maande plaas­gevind en die massa-inhegtenisnemings­ van verdagtes in Mei,” het Shifeta gesê.

BORGTOG
“In Augustus 2015 het nog renosterstropery plaasgevind toe van die verdagtes vrygelaat is.
“Ons het samesprekinge met die aanklaer-generaal gehad om nie borgtog aan verdagtes toe te staan waar bewyse sterk is nie.”
Shifeta meen indien verdagtes op borgtog vrygelaat word, streng borgtogvoorwaardes moet geld soos om drie keer per dag by ’n polisiekantoor aan te meld.
“Die meeste van die verdagtes wat op borgtog vrygelaat is, herhaal die oortreding. Dit is baie frustrerend vir wetstoepassers op die grond.”
Die minister sê sommige maande is piekmaande vir stropery en die taktiek is verander en nuwe strategieë is ingestel om te verseker dat stroping­syfers nie styg nie.
“Voet- en lugpatrollies gaan meer intensief wees en ons gaan tegnologie vir opsporing instel. Ons gaan weer perdepatrollies hê, want die stropers kruip weg as hulle die helikopters hoor. Ons weet wie die sindikaatgroepe is en sommige van hulle kamp binne Etosha,” het Shifeta gesê.
Wat skokkend is, is dat stropery in Etosha nie net aan die westekant plaasgevind het nie, maar ook aan die oostekant: “Gemeenskappe wat in Etosha naby die hek bly, het kriminele gehuisves. Die stropers is van die Kunenestreek, maar hulle is daarheen gestuur,” het Shifeta gesê.
Elf verdagtes is in Junie en Julie in verband met renosterstropery in hegtenis geneem en drie in verband met olifant­stropery.
Voorts het die minister sy afkeur uitgespreek oor die onwettige jag van wild en het verwys na die tien gemsbokke, ’n koedoe en bergesebra wat mnr. Frank Bockmuhl op sy plaas Tsuvandes in die Outjo-­distrik aan die hand van stropers verloor het.
“Die ministerie fokus op teenstropery in noordelike Namibië, insluitende Etosha en Bwabata, maar ons bly be­skikbaar om op plase oral in Namibië te help waar ons kan,” het Shifeta gesê.

SEEKOEIE
Die minister en ’n span van die direktoraat van wildlewe en nasionale parke het die naweek die Bamunu kommunale bewaringsgebied besoek om die huidige situasie van die seekoeie en krokodille in die Linyanti-rivierkanaal in die Zambezistreek vas te stel.
“Daar is 300 seekoeie in twee poele van die kanaal wat steeds water het en diep genoeg vir seekoeie en krokodille is. Hulle is nie in onmiddellike lewensgevaar nie, maar daar moet wel spoedig opgetree word,” het Shifeta gesê.
Hy het bevestig dat vyf seekoeie gevrek het weens bakleiery onder die bulle wat baie gebiedsgebonde is.
“Twee boorgate gaan gesink word om water in die poele en rivierkanaal te pomp, drie tot vyf bulle gaan van kant gemaak word om bakleiery tussen hulle te verminder en hulle sal deurentyd gemonitor word,” het Shifeta gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%