Renosterkarkas by Grootberg gevind

Twee horings op toneel gevind

19 May 2017 | Omgewing
Francoise Steynberg - Nóg 'n renosterkarkas is Dinsdag omstreeks 10:00 by Kliprivier naby Grootberg Lodge in die Kunenestreek deur renosterbewaarders gevind.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die renoster se twee horings op die toneel gevind. Die polisie het die toneel Woensdag besoek en twee koeëlpunte in die nek van die renosterkarkas gevind. Dit is vir ballistiese toetse weggestuur.

Die renoster was glo vir 'n geruime tyd vermis. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is altesaam agt renosters vanjaar gestroop met die jongste geval wat die totaal op nege te staan bring.

Kliprivier loop sedert 2015 onder renosterstropers deur en verskeie karkasse is al daar gevind.

Die karkas van 'n gestroopte swartrenosterkalf is ook in Maart vanjaar in die omgewing van Kliprivier naby Grootberg Lodge deur renosterbewaarders van die #Khoadi//Hôas kommunale bewaringsgebied gevind toe hulle op patrollie was. Grootberg Lodge is in 'n gesamentlike vennoot­skap met lede van dié bewarings­gebied.

Volgens die polisie het dié karkas sowat twee kilometer vanaf die renosterbewaarders se kamp gelê en die horings van die renoster is met 'n onbekende skerp voorwerp verwyder.

Die polisieondersoek by die toneel het aangedui dat die renoster geskiet is en 'n koeël is in die karkas gekry. 'n Patroondoppie is ook naby die karkas ontdek. Dit is nie bekend wanneer die kalf gestroop is nie.

Die ballistiese bewyse wat op die toneel gevind is, is na die nasionale forensiese wetenskap-instituut vir analise gestuur.

Muyunda het ook bevestig dat 'n renosterkarkas Dinsdag by die Frans Indongo Lodge, noordoos van Otjiwarongo, gevind is, maar stropery word nie vermoed nie. 'n Ondersoek om die oorsaak van die renoster se dood vas te stel, sal wel gedoen word.

Volgens die ministerie van die omgewing en toerisme se amptelike statistieke is altesaam 59 renosters verlede jaar in die land gestroop, 95 renosters in 2015, 56 in 2014 en nege in 2013.

Soortgelyk

 

Boere kry interdik teen grondbelasting

45 minute gelede | Howe

Catherine Sasman - Die regering is verbied om grondbelasting te hef vanweë die vermeende onwettighede en ongerymdhede in die berekening van grondwaardes, en die redelike...

Vandalisme strem hepatitis-veldtog

45 minute gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht Vandalisme en diefstal strem 'n noodreaksieplan teen 'n hepatitis E-uitbreking wat sedert Oktober verlede jaar die lewe van vyf mense geëis het. Mobiele...

Geluk aan die finaliste!

45 minute gelede | Toerisme

Die vier finaliste in Namibia Media Holdings se Klein Dorp van die Jaar-kompetisie vir 2018 (NTY2018) is Eenhana, Okahao, Oniipa en Oranjemund.Baie dankie aan elkeen...

Studente staan agter Unam-moordverdagte

45 minute gelede | Howe

Fred Goeieman Studente van die Universiteit van Namibië (Unam) se Khomasdal-­kampus het gister by die Windhoekse landdros­hof in Katutura borgtog betaal vir 'n medestudent wat...

Hóés, sê Jan Taks

45 minute gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Waar ‘n rokie draai, moet ‘n belastingvuurtjie wees.Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, mnr. Malusi Gigaba, se aankondiging gister dat aksynsbelasting op sigarette...

Weer vir 22 Februarie 2018

45 minute gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm oor die westelike helfte van die binneland. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm...

Ngatjizeko tree af

45 minute gelede | Ministeries

Die nuwe mediasekretaris van die kantoor van die president, dr. Alfredo ­Tjiurimo Hengari, het gister aan ­Republikein bevestig minister Immanuel Ngatjizeko het ­afgetree.In 'n nuusverklaring...

Telecom kry nóg 'n knou

45 minute gelede | Misdaad

Skurke het vandeesweek gesorg dat Telecom Namibia wéér aan die kortste ent trek. Maandag is nóg koperkabels in Cimbebasia, in Windhoek, gesteel. Volgens mnr. Oiva...

Taxi-amok ná verwarring

45 minute gelede | Ministeries

Maria Eiseb Ontevrede taxibestuurders het die Namibië Bus- en Taxivereniging (Nabta) en die Namibiese Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) daarvan beskuldig dat hulle Dinsdag onenigheid en...