Renoster in Frankryk gestroop
Die bestuurder van 'n dieretuin in Frankryk het sy skok en afgryse uitgespreek nadat 'n witrenoster in dié dieretuin deur stropers doodgeskiet en een van sy horings afgesaag is, berig Reuters.
Dit is volgens Thierry Duguet, bestuurder van die Thoiry-dieretuin in Parys, die eerste keer dat 'n renoster in 'n dieretuin in Europa gestroop word.
Die stropers het Maandagaand laat of Dinsdagoggend vroeg op die dieretuin toegeslaan.
Twee ander renosters, Gracie en Bruno, het oorleef. Hul vierjarige maat, Vince, is Dinsdagoggend in sy kamp gekry met drie koeëlgate in sy kop. Een van sy horings is afgesaag.
Duguet sê Vince se tweede horing is gedeeltelik afgesaag, en hy vermoed die stropers het gevlug toe hul gereedskap gebreek het.
“ 'n Ondersoek word gedoen juis omdat so iets nog nooit in Frankryk of Europa gebeur het nie, so ons praat hier van 'n afgryslike nuutjie.”
Duguet sê kringtelevisiekameras by die dieretuin word deur vyf personeellede beman, maar dit was nie genoeg om die misdaad te voorkom nie.
“Ons sou nooit kon raai dat stropers op 'n dieretuin in Europa sou toeslaan nie. Dis ondenkbaar." - Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie