Renoster in Etosha gestamp
'n Renoster is laat gister teen skemertyd in die Etosha Nasionale Park deur 'n voertuig gestamp.
Die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het die voorval bevestig en gesê die renoster moes deur 'n veearts uitgesit word.
Hy het gesê die voorval het in die noordelike deel van die park plaasgevind en die voertuig is deur 'n beampte van die ministerie van die omgewing en toerisme bestuur.
"Die polisie is besig om die saak te ondersoek of die bestuurder nalatig bestuur het of nie," het Kanguatjivi gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie