Renaldo Bothma word 'n Harlekyn
Die Harlequins-rugbyklub het gister aangekondig dat die Namibiese rugbykaptein, Renaldo Bothma (27), sy kontrak met die Londense klub vir die 2017-’18-seisoen onderteken het.
Harlequins se rugbydirekteur, John Kingston, het gesê hy is verheug dat dié agtsteman wat een van die spelers in die wêreld is wat sterk deurbreek met die bal, by die klub gaan aansluit.
“As kaptein van sy land, sal hy sterk leierseienskappe na die span bring,” het Kingston gesê.
Bothma speel tans in die Superrugby-reeks vir die Bulls. Hy het vandeesmaand die Namibiese rugbyspan op hul toer na Uruguay aangevoer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie