Renaissance vir NBC
Henriette Lamprecht - Personeel van die nasionale uitsaaier, NBC, se nuwe mediese fonds is Renaissance Health.
Die nuwe mediese dekking vir werknemers volg nadat die NBC nie teen Donderdag om middernag sowat N$15 miljoen se uitstaande skuld aan Namibia Medical Care (NMC) betaal het nie. Die agterstallige skuld dateer tot Oktober verlede jaar. Die paaiemente is egter wel van werknemers verhaal.
NBC-pensioenarisse en eggenote van afgestorwe werknemers is deur die uitsaaier versoek om met sy departement vir menslike hulpbronne oor die nuwe mediese dekking in verbinding te tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie