Reën vertraag Eagles-deurbraak
Net die voorste twee spanne in Kampala sal Oktober hul tasse vir Dubai kan pak.
Tielman van Lill
Sonder dat 'n enkele bal gistermiddag in Kampala geboul is, moes die Eagles met een punt tevrede wees, maar dring steeds deur na die bepalende globale kwalifiseringsronde vir die 2020 T20-Wêreldbeker in Australië.
Namibië se wedstryd teen Nigerië op die voorlaaste dag van die Internasionale Krieketraad (ICC) se T20 Wêreldbeker kontinentale uitdunronde in Uganda, moes weens 'n nat buiteveld gekanselleer word.
Vroeër die oggend is die botsing tussen Botswana en Kenia by die Kyambogo-veld ook heeltemal uitgereën. Kenia en Botswana het beide een punt verdien en Kenia kon vir 'n wyle in die eerste posisie met sewe punte voor Namibië met ses inskuif.
Die Eagles wat die namiddag by die Lugogo-veld sou speel, spog egter met 'n massiewe netto lopietempo van 4.547 teenoor Kenia se 1.363. Nadat Namibië sy ligapunt vir die gekanselleerde wedstryd ontvang het, is die Eagles weer in die voorste posisie met sewe punte herstel.
Een wedstryd vir die dag, by die Kyambondo-veld tussen Ghana en Uganda, kon wel voortgaan. Ghana het eerste gekolf en het 113/6 in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Uganda (117/3) behaal in 15.1 boulbeurte die wenlopies om die botsing met sewe paaltjies te wen en twee punte op te raap.
Uganda het Woensdag die laaste keer met die 17-jarige Zephania Arinaitwe gewaag wat Maartmaand in Windhoek by die ICC o.19 Wêreldbeker kwalifiserende toenooi vir Afrika naam met die kolf gemaak het. Ná drie mislukte pogings as aanvangskolwer wat 1 lopie (6 balle) teen Botswana, 15 (11 b, 2x4, 1x6) teen Namibië en 6 (9 b, 1x4) teen Kenia opgelewer het, is Arinaitwe genadiglik van sy las verlig.
Soos die puntestand tans daar uitsien, sal Namibië en Kenia na die finale kwalifiseringstoernooi vir die 2020 ICC Wêreldbeker vorder, wat van 18 Oktober tot 15 November in Dubai gehou word.
Wiskundig is die kans nul dat Nigerië (5) of Uganda (4) vir die Eagles of Kenia uit die wedloop na die Verenigde Arabiese Emirate kan pootjie.
Al word Namibië se wedstryd vandag soos gister s'n dalk uitgereën, sal hy steeds een punt ontvang wat sy totaal op agt sal bring en Kenia (ook 8) in die tweede posisie hou. Klop Kenia die Eagles, skuif die Keniane op tot nege punte in die eerste plek en Namibië met 7 bly in die tweede posisie danksy sy netto lopietempo.
Daar is plek vir net 14 lande by die 2020 T20 WB-toernooi in Australië, waarvan tien posisies reeds deur Pakistan, Indië, Engeland, Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Wes-Indië, Afghanistan, Sri Lanka, Bangladesj en die gasheerspan ingeneem word.
In Dubai sal die Eagles teen 24 ander lande in die groepronde op 'n rondomtaliegrondslag meeding. Skotland, die gasheer VAE, Zimbabwe, Nederland, Hongkong, Oman, Ierland en Nepal het reeds vir Dubai gekwalifiseer met Namibië en Kenia wat hulle by dié elite groep behoort aan te sluit.
Die res van die vyftien lande wat uit Asië, die Amerikas, Europa en die Oos-Asiatiese en Pasifiese streek kom, moet nog beslis word.
Vandag se wedstryde: Botswana teen Ghana 08:30; Namibië teen Kenia 12:50; Nigerië teen Uganda 12:50.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie