Reën sak uit in die Noorde
Volgens die reënvalsyfers op Hitradio Namibia se Facebook-blad is Saterdag 24,5 mm by die John Pandeni-navorsingstasie oos van Grootfontein uit die reënmeter gegooi. By Kalimbeza suid van Katima Mulilo is 2,5 mm gemeet, by Kanovlei naby die Mangettiduin 1,5 mm en by Namushasha River Lodge naby Rundu 1 mm. Die foto van ’n reënbui is verlede week tussen Grootfontein en Kombat geneem. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie