Reën kom kuier glo nié binnekort
Elvira Hattingh - Namibië se vooruitsigte vir reën is nie gunstig binne die volgende weke nie, hoewel ’n bietjie reën in die tweede week van November oor die noordoostelike dele van die land kan voorkom.
Dié toestande sal waarskynlik in die tweede deel van die seisoen verbeter, meen mnr. Johan van den Berg, ’n landbouweerkundige by Santam Suid-Afrika.
“Die Indiese Oseaan-dipool (IOD) is tans in ’n sterk positiewe fase, met koeler water in die noordweste van Australië en warmer water in die rigting van die sentrale en Suid-Afrikaanse kuslyn.
“Dit is baie negatief vir reënval in die Suid-Afrikaanse subkontinent omdat vog van Sentraal-Afrika af na die Indiese Oseaan ‘uitvloei’ en nie na die Suide beweeg nie.
“Dit is ook hoofsaaklik verantwoordelik vir die hoogdrukstelsel wat die suide van Afrika tans oorheers. Voorspellings dui daarop die IOD sal van Desember vanjaar af na neutrale toestande terugkeer, wat goeie nuus vir die tweede deel van die somerseisoen kan wees,” het Van den Berg gesê.
Hy sê ná 'n “mini- El Niño-spel” waartydens die seeoppervlakte in die Niño-streke sedert die middel van September weer ’n bietjie warmer geraak het, het ’n mate van afkoeling gelukkig in Oktober voorgekom.
“Drie van die vier Niño-streke was minder as 0,5°C warmer as normaal, wat steeds binne neurtrale vlakke val. Die suidelike ossilasie-indeks (SOI), wat die interaksie tussen seeoppervlaktemperature en weerstelsels meet, dui egter steeds op El Niño-tipe toestande,” het Van den Berg gesê.
Hy meen neutrale Enso-toestande behoort tydens die res van ons reënseisoen te heers, hoewel dit na die El Niño-kant sal neig weens water wat net onder die seeoppervlak weer warmer begin raak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie