Reu00ebn kan vandeesweek al verligting bring
Reu00ebn kan vandeesweek al verligting bring

Reën kan vandeesweek al verligting bring

Ontledings van satellietdata wys Namibië kan vandeesweek reën verwag.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Hoewel nie die hele land in die komende week na verwagting beduidende reën sal ontvang nie, meen kenners reën is tog op pad.

Dit kan moontlik veral vir die Suide “redelike verligting” bring.

Die nieregeringsorganisasie LandWater, wat satellietfoto's weten­skaplik ontleed en interpreteer, sê vandeesweek behoort bewys te lewer dat die reënseisoen nog nie verby is nie.

Tog bly dit 'n uiters moeilike seisoen, sê die organisasie.

LandWater sê weertoeps dui nog nie op noemenswaardige reënneerslae nie, “maar intussen gaan dit elke dag op 'n paar plekke hierdie week waarskynlik mooi reën”.

Hulle sê dít beteken nie dit gaan in groot volumes reën nie, “maar beduidend genoeg om 'n verskil te maak”.



REËN BEGIN NOORD

'n Datawetenskaplike ontleding van die weer oor Suider-Afrika toon glo “redelike reën” kan oor verskillende gebiede in die boonste helfte van Namibië verwag word, met 'n weswaartse neiging.

Volgens 'n inskrywing op die organisasie se Facebook-blad kan die ooste van Namibië steeds “guerrilla-aksie ervaar” wat reën betref, hoewel toestande in dié omgewing waarskynlik uitdagend sal bly.

Dít tensy “werklike goeie invloei van vog inskop, met gepaardgaande stabiliteit in die bolug”.

LandWater meen die Ooste se weer sal vandeesweek mettertyd vorder.

Hulle sê 'n weerstelsel sal Namibië van vandag af dieper indring, maar sal waarskynlik eers teen Vrydag 'n redelike houvas oor die onderste helfte van Namibië begin kry.

“Ongelukkig in smaller stroke, maar hoop is en bly goed.”

Teen Donderdag sal die weerstelsel se intensiteit in die boonste deel van die land begin toeneem, met 'n “opwen” na Vrydag.

Saterdag en Sondag sal redelik belangrik vir die Suide wees.

Maandag begin die stelsel weer boontoe werk.

Dan kan diegene aan die boonste oostekant van die stelsel glo tot Dinsdag en Woensdag hierby baat.

LandWater verwag die stelsel kan teen volgende week Woensdag of Donderdag opklaar, maar die eintlike datum hiervan sal deur die vloei van vog en veral drukbalanse bepaal word.

“Die goeie nuus is 'n reënstelsel kan hierná weer op pad wees . . . Natuurlik kan dié verwagting verkeerd wees, want die weer bly maar wispelturig. Daar is wel 'n kans dat baie hiervan kan gebeur, en elke druppel maak saak,” sê LandWater.



WEERTOEPS 'SWYG' NOG

Die reënstelsel is glo al van verlede week af duidelik sigbaar en selfs so ver as twee weke gelede, toe weerverskuiwings vanweë die tropiese sikloon Idai voorgekom het.

LandWater sê dit is ingewikkeld om hierdie verskuiwings te verduidelik, en dit gaan nie oor die mite dat die stelsel vog gesteel het nie, maar eerder daaroor dat Idai simptomaties was en in 'n mate tot die vertraging van die reënsiklus bygedra het.

“'n Mens moet weet waarvoor om te kyk om 'n legkaart te kan bou. Deel van hierdie legkaart is dat dit nié in middel-Maart gereën het soos dit kon en eintlik moes nie.”

Volgens LandWater is siklusse wat oorgeslaan word in droogtetoestande 'n “klassieke scenario”.



SÓ WERK WEERVOORSPELLINGS

LandWater het verduidelik reëntotale op weertoeps weerspieël slegs die “wetenskaplik aanvaarbare sekerheid van reën”.

Dit wil sê die somtotaal wys reën slegs indien genoeg sekerheid binne die algoritme daaroor bestaan.

LandWater sê vanweë die feit dat Namibië tydens die somer-tot-herfsreën tot donderstorms neig, bestaan 'n groter mate van onsekerheid, wat die oënskynlike somtotaal en dus weervoorspellings negatief raak.

Dit is ook waarom daar dikwels 'n verskil is tussen wat weermodelle toon en dit wat in werklikheid op die grond uitsak.

Donderstorms kan dus onsekerhede binne modellering veroorsaak, afhangende van 'n rits faktore.

LandWater sê derhalwe is die reënvoetspoor of die verwagte dekking dikwels belangriker.

Volgens hulle begin volume eers saak maak wanneer mens jouself in dié voetspoor bevind.

“Moenie druppels tel voor dit nie klaar geval het nie.”



VERBAND MET NAMIBIË

“Namibië is 'n geweldige moeilike land om reënvoorspellings reg te kry wat somtotale betref. Die gevolg is 'n mens raak maklik mismoedig as 'n voorspelling voortdurend nie te belowend lyk nie – wat meestal die geval is.”

Die organisasie sê in droogtetye is voorspellings van swakker kanse op reën wel realisties, “want dit gaan regtig moeilik reën”.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.73 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 408.44/OZ UP +1.28% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.83% | Zinc US$ 3 027.00/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 83.63/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 1 075.78/OZ UP +1.33% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.73 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 408.44/OZ UP +1.28% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.83% | Zinc US$ 3 027.00/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 83.63/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 1 075.78/OZ UP +1.33%