Reën hopelik die naweek
Tanja Bause - Hoewel dit verlede week in die noordoostelike streke van die land effens gereën het, was dit op plekke waar die Namibiese weerkantoor geen opnamestasie het nie en dus kon die neerslae nie gemeet word nie.
Keetmanshoop het wel op 17 Oktober 0,7 mm; Aroab 0,3 mm en Karasburg 0,3 mm reën gekry. Die volgende dag het Keetmanshoop 0,2 mm; Aroab 0,4 mm en Karasburg 0,2 mm gemeet. Op 20 Oktober het Gobabis 0,6 mm en Rundu 0,2 mm reën gekry.
Volgens me. Sieglinde Somses van die weerkantoor is ‘n sterker tropiese lugdrukstelsel besig om van Angola oor Namibië te beweeg. “Ons verwag die lugdrukstelsel teen die naweek en vroeg volgende week. Dit is baie sterker as die vorige een en ons verwag meer reën oor ‘n groter gedeelte van die land,” het sy gesê.
Die stelsel sal oor die naweek oor Windhoek en daarna suidwaarts beweeg. Daarna sal dit noord van Mariental in ‘n suidoostelike rigting na Gobabis beweeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie