Rekordgetal van 13 Covid-sterftes aangemeld
Die grootste getal Covid-19-sterftes nóg is vanmiddag deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aangekondig. Dertien mense het hul lewe verloor, van wie die jongste slagoffer 29 jaar en die oudste een 81 jaar was.
Dit bring die totale getal sterftes sedert die aanvang van die pandemie op 235 te staan.
Sewe mense is in Windhoek dood, 2 op Gobabis, en een elk op Rehoboth, Oshakati, Walvisbaai en Keetmanshoop,
Verder het nog 432 mense postief getoets, van wie 29 gesondheidswerkers is en 13 in die mynbedryf werk.
Volgens die ministerie is die nuwe SARS-CoV-2-variant wat in Suid-Afrika geïdentifiseer is en vinniger versprei, waarskynlik vir die skerp toename in gevalle van die afgelope weke verantwoordelik.
Aangesien die ministerie nie oor data van die nuwe variante beskik nie, gaan heel-genomiese volgorde analises gedoen hiervoor word, blyk dit uit vandag se Covid-19-verslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie