Rekordgetal speenkalwers uitgevoer

Produsente ‘ontsettend dankbaar’
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die uitvoer van Namibiese speenkalwers na Suid-Afrika tel steeds spoed op, met 126 354 kalwers wat tot dusver vanjaar na die buurland uitgevoer is.

Dit is sowat 37% meer as die vyfjaargemiddeld van 92 345 vir hierdie tyd van die jaar.

Volgens die Vleisraad se nuusbrief van 22 Junie is dit ook meer as dié tyd verlede jaar, toe die uitvoersyfer op 107 682 gestaan het.

Die sterk uitvoere word gedryf deur goeie pryse wat vir speenkalwers op veilings betaal word. Volgens die Vleisraad word ‘n gemiddelde speenkalfprys van N$32,65 per kg tot dusver vanjaar gehandhaaf.

Dit is sowat 66% meer as in dieselfde tyd verlede jaar en boonop 53% meer as die gemiddelde speenkalfprys van die afgelope vyf jaar.

In geldwaarde het Namibië en speenkalfprodusente dus vanjaar N$443 miljoen meer op speenkalfverkope verdien as in 2017.

REGERING MOET STEUN BIED

Mnr. Piet Gouws, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), het gesê produsente is ontsettend dankbaar vir die prysstyging en dit van kardinale belang is dat die regering hierdie mark moet ondersteun.

“Tydens onlangse gesprekke met die buurland se Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), het hulle aangedui 60% van hul kalwers kom vanuit kommunale gebiede in Namibië.

“Dit is omdat kommunale al meer doeltreffend begin boer, beter genetika gebruik en aan formele bemarkingskanale begin deelneem. Dit is dus noodsaaklik dat die regering die speenkalfmark moet ondersteun,” het Gouws gesê.

Hy sê speenkalfprodusente was hierdie prysstyging te wagte.

“Vir ware perspektief in die beesbedryf moet ons oor ‘n tydperk van vyfjaar daarna kyk. Dit is baie siklies. Oor die afgelope tien jaar het dit egter dieselfde gebly, wat beteken die produsent was jaarliks sowat 8% swakker daaraan toe weens inflasie,” het Gouws gesê.

Hy sê navorsing toon speenkalfpryse is geneig om onveranderd te bly vir ‘n sewejaarsiklus, voor dit gewoonlik ‘n groot piek bereik.

“Ons is nou in die piek. Ons het die tendens al in Februarie gesien en was bekommerd oor die volhoubaarheid hiervan,” het Gouws gesê.

‘n Besoek aan Suid-Afrikaanse voerkrale het egter getoon die dryfkrag agter die vraag na speenkalwers is ‘n gebrek aan aanbod in die buurland en die lae mieliepryse - en nie die buurland se vleisuitvoere nie.

“Die lae mielieprys beteken Suid-Afrikaanse boere hou hul beeste terug, bou hul kuddes na die afgelope jare se droogtes en rond hul beeste self af. Dit skep ‘n tekort,” het Gouws gesê.

Hy het bygevoeg die RPO het weer eens bevestig dat Namibiese speenkalwers maar 10% van hul totale mark uitmaak en nie hul mark “toegooi” nie. Boonop is Namibiese kalwers net belangrik vir enkele voerkrale in die buurland.

Gouws sê nog ‘n faktor hoekom Namibië nou soveel speenkalwers kan aanbied, het te doen met die sluiting van grense vir speenkalfuitvoere in 2016 – wat daartoe lei dat meer speenkalwers oor die opvolgende twee jaar aangebied kan word.

Hy het verduidelik dat die plaaslike beesvleisbedryf op drie pilare staan. Een hiervan is die speenkalfbedryf – wat behels dat die beeste op veilings verkoop word en na SADC-lande uitgevoer word.

“Dit sluit ook die bees-uitvoerabattoirs vir die Europese mark en die binnelandse mark in. Laasgenoemde het astronomies toegeneem.

“‘n Belangrike punt is: Die totale beeste wat vir verslagting aangebied word, het nie verminder nie. Dit staan steeds op tussen 180 000 tot 200 000 per jaar. Die mark het egter na die binneland verskuif omdat dié abattoirs meer mededingende pryse betaal.

“Ander faktore sluit in die impak van die direktoraat veeartsenydienste (DVS) op uitvoerabattoirs asook die rol wat roofdiere speel op produksie tussen die naspeen- tot verslagtingtydperk.”

SPEENKALFMARK

Volgens navorsing deur die Namibië Landbou-unie (NLU) het produsente in 2017 altesaam N$3,4 miljard uit die verkoop van beeste verdien.

Dié bedrag verteenwoordig 45% van die totale landbou-inkomste vir die jaar. In 2016 het dié inkomste uit beesverkope N$2 miljard beloop.

Vroër vanjaar het mnr. Titus Koen, hoofbestuurder van veilings by Agra, ook gesê die hoofrede waarom speenkalfpryse so skerp gestyg het, is onder meer ‘n tekort aan beeste in Suid-Afrika ná die droogte.

Dit stem ooreen met die Vee- en Veseltendens-verslag deur Absa Agri wat in Mei verlede jaar uitgereik is. Daarin word die uitstekende pryse toegeskryf aan die feit dat Suid-Afrikaanse produsente tans hul kuddes ná die droogtejare herbou. Baie speenkalwers word dus teruggehou, wat 'n geleentheid vir Namibiese speenkalwers bied om dié leemte te vul.

OPWAARTSE NEIGING

Volgens statistiek van veilingpryse wat deur Agra bygehou word, het die gemidelde prys vir tollies in Junie 2016 op 'n laagtepunt van N$15,70 per kg gestaan.

Teen Januarie vanjaar het dit tot N$36,94 per kg gestyg.

Tans word nog meer as dubbel die prys van Junie 2016 vir speenkalwers betaal.

Dienooreenkomstig toon data wat deur die Vereniging vir Lewendehawe-agente en –vervoerders (LABTA) bygehou word, dat nasionale gemiddelde veilingpryse van alle Namibiese agentskappe vir beeste sedert Junie 2017 sterk styg.

Nasionale syfers dui aan – met die uitsondering van Augustus 2017 - dat die gemiddelde prys per kilogram sedert September verlede jaar nie een keer onder N$31,23 gedaal het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%