Reis wêreld vol van hoofstad af
Die Lufthansa-groep se Eurowings-redery verbind Windhoek drie keer ’n week direk met Frankfurt.
Augetto Graig - Die Lufthansa-lugrederygroep het Woensdag sy nuwe roete tussen Windhoek en Frankfurt bekend gestel.
Reisigers kan nou drie keer ’n week op Eurowings se Airbus A330-200 direk van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako af na die Duitse lugvervoerreus se kern reis, vanwaar 177 bestemmings in 72 lande bereik kan word.
Elke Woensdag, Vrydag en Saterdag om 09:30 sal die vlug van Windhoek af vertrek en om 19:05 op Frankfurt land.
Eurowings vlieg Dinsdae, Donderdae en Saterdae om 08:00 uit Frankfurt en land 07:20 die volgende oggend in Windhoek.
In 2017 het Lufthansa Windhoek reeds met Bonn, in Duitsland, verbind, maar dié diens is intussen opgeskort.
Volgens mnr. André Schulz, Lufthansa Suider-Afrika se hoofbestuurder, is besluit om die direkte roete na Frankfurt aan te bied omdat dit groot voordeel vir hul kliënte inhou, en omdat Namibië vol moontlikhede is.
Hy sê Windhoek bly ’n gewilde toeristebestemming en groei as sakebestemming.
Deur middel van die wyer Lufthansa-netwerk kry plaaslike reisigers ook toegang tot 270 bestemmings in 105 lande, sê hy.
“Die nuwe verbinding sal gevestigde bande tussen Namibië en Duitsland versterk. Daar is geen twyfel hierdie diens gaan meer toerisme en sakegeleenthede tussen ons twee lande aanmoedig nie,” sê hy.
Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, sê: “Ons is gelukkig om die Lufthansa-groep as ’n sake- en toerismevennoot te hê, en ons weet, gebaseer op jul groei- en prestasierekord, ons kan na ’n lang en suksesvolle vennootskap uitsien.”
By dieselfde geleentheid het mnr. Leonard Shipuata, die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se uitvoerende sakestrategiehoof, gesê die lugdiens maak samewerking tussen Namibië en Duitsland moontlik.
“Die beleid om die lugruim te verruim, het ’n positiewe impak op ons ekonomie, wat gesien kan word in beter diensvlakke en laer tariewe, wat groei in die getal passasiers vir toerisme, sake en belegging aanspoor,” het hy gesê.
Om hierby aan te sluit, is die regering tans besig om die lughawe op te knap om opeenhoping te verlig, het hy gesê.
Bouwerk sal na verwagting nie voor September 2020 klaar wees nie.
Shipuata het ’n beroep op immigrasie-, doeane- en polisiebeamptes by die lughawe gedoen om dienslewering voortdurend te verbeter.
“Dit is belangrik omdat die lughawe die gesig van Namibië is en besoekers aan ons pragland se eerste en laaste indruk is,” het hy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie