Reimers toets hom teen kragmanne
Die gewese rugbyspeler word in sy nuut verkose sport deur die gesoute André du Preez afgerig.
Andrew Poolman - Die 25-jarige Sven Reimers van Windhoek vat vandag die pad na Rustenburg, waar hy komende naweek die enigste deelnemer uit sy land by die Africa's Strongest Man kompetisie sal wees.
Hy is die enigste Namibiese kwalifiseerder en droom om spoedig ook in die voetspore van wyle Anton Boucher in 1994 te volg, deur tot die elitevlak van World's Strongest Man deur te dring.
Reimers is realisties dat jy ná 'n tydperk van net twee jaar as 'n nuweling in 'n sport nie kan begin dink jou vakmanskap is afgehandel nie.
Hy het egter ook reeds genoeg opgang gemaak om deur die visie van verdere sukses geïnspireer te word.
Soos enige storie van 'n ambisieuse doelwit wat nagejaag word, begin Reimers s'n ook nie sonder terugslae nie.
Rugbykykers sal hom straks nog as 'n slot of flank onthou, wat vanaf skoolvlak belofte getoon het toe hy vir die o.13 Cravenweek, o.16 Grant Khomo-week, o.18 Akademieweek en die o.19 Afrikabekertoernooi gekies is.
Nadat hy Windhoek Hoërskool se skoolbanke verlaat het, het hy in 2013 klubrugby vir Hamiltons in Kaapstad begin speel, voordat 'n ongelukkige keerpunt hom van koers af gedwing het.
In die Kaap was Reimers die slagoffer van 'n mesaanval waarin hy gelukkig was om met sy lewe daarvan af te kom. Ná 'n rugby-oefening het vyf mans hom naby 'n treinstasie aangeval en van sy beursie en selfoon beroof.
Hy het wonde in sy linkervoorarm (ligamente beseer), linkerbors (“darem nie te diep nie”) en drie in sy rug opgedoen, waarvan een messteek sy long bereik het.
“Ek het daai tyd so 90 kg geweeg en het liggaamsgewig tot omtrent 82 kg verloor.
“Gelukkig is darem geen erge of blywende skade aangerig nie en ek het intussen heeltemal herstel.
“Ek het toe van die Kaap af teruggekeer, meer gekuier as geoefen en basies net agteruitgegaan. Ek het een seisoen klubrugby vir Trustco United gespeel, maar ek het rugby in Oktober 2014 gelos en begin gewigoefeninge doen, net vir die oefening, sonder enige insig of spesifieke doelwitte. Toe het André du Preez my gebel en gevra of ek die Walvisbaai-kompetisie in 2015 wil doen, en toe ek dit wen en meer van André begin leer, toe byt die gogga.”
OP DIE WENPAD
Tans die enigste erkende sterkmankompetisie in Namibië is die een wat op die eerste naweek van Oktober in Walvisbaai, as deel van die Lucky Star marathon gehou word. Reimers was laas jaar en in 2015 die wenner daar, met 'n tweede plek in 2016.
In Mei laasjaar het hy by die Arnold Classics Africa deelgeneem en is agtste geplaas. In September het hy by 'n kwalifiserende kompetisie in Botswana 'n sewende plek gekry, wat hom sy plek by Africa's Strongest Man komende naweek besorg het.
Reimers is bevoorreg om afgerig te word deur André du Preez, sy landgenoot wat in 2008 die derde sterkste man in Afrika was en verskeie puik vertonings in die sport gelewer het, ondanks 'n rugkwaal waarmee hy gebore is.
“André rig my nou af en my vordering lyk sommer klaar stukke beter. Hy is steeds baie lief vir die sport en het eerstehandse insig in die beste manier om elke item te benader en voor te berei.”
Soos Du Preez voor hom, is Reimers nou die enigste Namibiër wat gereeld in Suid-Afrikaanse kompetisies deelneem.
“Ek doen sterkmankompetisies nou eers twee jaar en neem deel teen baie groot manne. Ek is wel die ligste en jongste (25 jaar) by elke kompetisie sover, maar sal binnekort die wêreldbyeenkoms haal. As André potensiaal in my raaksien, dan weet ek, ek sal bo uitkom,” voorspel hy.
Die ope klas in sterkmankompetisies begin op 'n liggaamsgewig van 105 kg en hoewel Reimers tans op omtrent 122 kg inweeg, kos dit besondere inspanning om by te bly teen die veterane in die sport wat dikwels 150 kg of swaarder is en reeds vir tien jaar of langer op 'n hoë vlak meeding.
“My held in die sterkmansport is Mariusz Pudzianowski van Pole, wat World's Strongest Man die meeste (vyf keer) gewen het. Hy was ook meestal die kleinste, maar het bewys hy het baie krag.”
Anders as by sommige byeenkoms waar 'n item of twee eers as 'n verrassing op die kompetisiedag onthul word, is die program vir komende Saterdag reeds deur die Afrika Sterkmanunie bekend gemaak. Reimers weet dus wat op hom wag:
1. Maksimum dooiegewigoptel
2. Maksimum boomstomp-optel
3. Yoke Walk (420 kg, 20-25 meter)
4. Carry Medley – Sandsak (135 kg, 12 meter), Farmer's Walk (140 kg per hand, 12 meter), Africa Stone (185 kg, 15 meter).
5. Kettle Throw: 15 kg, 20 kg, 25 kg, 30 kg, herhaal twee keer.
“Die eerste en tweede plekke sal deurdring na 'n World's Strongest Man uitduntoernooi. Ek voel baie goed oor komende naweek, want André het my baie touwys gemaak en my oefeninge begin gemaklik raak,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie