Reik uit met liefde
Octavia Tsibes - Op die laaste Saterdag in Mei het die jaarlikse Global Outreach Day (GOD) plaasgevind. Dit is die grootste evangeliese mobiliseringsaksie in die wêreld. Daar word geskat dat meer as 15 miljoen Christene dwarsoor die wêreld deelgeneem het.
Verskeie kerke, onder meer Namibiese kerke het ook aan dié uitreikaksie deelgeneem.
Daar is op verskillende maniere uitgereik, byvoorbeeld deur dienste, straatparades, deur tot deur-besoeke, hospitaalbesoeke, motorwasdienste en baie meer.
“As gevolg van Hom kan ons vandag ons lewens geniet.
“Siele is met slegs een boodskap bereik - die liefde van Jesus Christus wat verlossing bring.
Die evangelie beteken 'goeie nuus',” sê mnr. Shadrek Nyaungwa, lid van die organisasieraad.
Planne vir 'n groter uitreikaksie is reeds aan die gang en alle kerke en Christene word uitgenooi om deel te neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie