Rehoboth se regruk op dreef

Hoewel die Rehoboth-­dorpsraad steeds sukkel om kop bo water te hou, blyk daar lig aan die einde van die tonnel te wees.
Denver Kisting
Denver Kisting



Me. Nathalia /Goagoses, die ministeriële verteenwoordiger op Rehoboth, sê sy is daartoe verbind om “van die laaste pennie rekenskap te gee”.

Tydens 'n gemeenskapsvergadering in die Hermanus van Wyk-gedenksaal Sondagnamiddag het /Goagoses terugvoering oor die stand van sake by dié munisipaliteit gegee.

Een van haar vernaamste fokusgebiede is die finansiële bestuur van dié beleërde plaaslike owerheid, sê sy.

/Goagoses sê sy het “nie net deurmekaar boeke nie, maar (boeke) met groot skuld” geërf toe dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, haar in Maart vanjaar aangestel het.

Onder meer het die agterstallige skuld aan NamPower toe N$84 miljoen beloop terwyl N$29 miljoen aan NamWater verskuldig was, het sy op die vergadering aangekondig.

Volgens haar het ander “derde partye se skuld in die miljoene geloop”. Dikwels bestaan daar geen geskrewe ooreenkomste vir die sakeverhoudings met dié instellings nie, het sy onthul. “Sommige van die skuld sal ons moontlik nie maklik afbetaal nie,” het sy gesê oor die onvermoë om van die verpligtinge na te kom.

“Dit sal ook 'n les wees vir die groot besighede om nie kanse te vat met 'n instelling wat in die nood is soos Rehoboth nie. Maar ons betaal af.”

Een van die uitdagings wat hulle pootjie, is dat die dorpsraad laas in 2016 sy tariewe hersien het terwyl derde partye al verskeie kere húl pryse aangepas het, het /Goagoses gesê.

In dié stadium verbruik die nagenoeg 46 000 Rehoboth-inwoners maandeliks tussen N$9 miljoen en N$10 miljoen se krag, sê sy. “Maar ons kry net N$5 miljoen in.”

Intussen trek die opgehoopte skuld rente, sê sy.

Inwoners het die dorpsraad teen Mei vanjaar N$166 miljoen geskuld vir dienste wat reeds gelewer is, het sy gesê.

/Goagoses het deurgaans beklemtoon sy is 'n administrateur en geen politikus nie.

Sy het inwoners teen opportunistiese politici gewaarsku wat hulle aanraai om nie vir dienste te betaal nie. “Moenie vir iemand stem wat sê moenie betaal nie.”

/Goagoses het 'n beroep op inwoners gedoen om reëlings vir die afbetaling van hul agterstallige rekenings te tref “voordat ek u in die leeu se mond gooi”.

Besighede wat nog nie reëlings getref het nie, loop die gevaar dat hul dienste opgeskort sal word, het sy gewaarsku. “Ek is genadeloos. Ek gaan sny.”

Haar amptenare het onlangs daarin geslaag om binne twee weke N$6 miljoen in te samel as deel van 'n veldtog om die invordering van agterstallige skuld te bespoedig.

Daar is besighede wat tot N$500 000 skuld, sê sy.

Wanneer haar tweede termyn van ses maande vroeg volgende jaar ten einde loop, hoop sy om die regte mense in die regte poste aan te gestel het, sê sy.

“Ek wil skoon personeel en hardwerkende mense agterlaat.”

Inwoners maak hulself “baie skuldig” deur die vrot appels in die dorspraad te ondersteun, sê sy. “U maak u baie skuldig omdat u nog onder my oë en onder my neus saam met een of twee van my korrupte amp­tenare werk. Ek wil u uit die diepte van my hart vra: Ons is besig om die dorp weer op te bou; moet u asseblief nie aan daardie korrupte praktyke skuldig maak nie.”

/Goagoses het terselfdertyd voor­nemende ontwikkelaars gewaarsku wat nie die grond ontwikkel waarop hulle is nie: “(Hulle) dink hulle kan my gevange hou, maar hulle ont­wikkel niks nie. Ek is besig om af te vat.”

/Goagoses is terselfdertyd besig om ondersoek na die stand van grond­administrasie, kapitaalprojekte en korporatiewe bestuur te doen.

Een van haar bestuurslede, mnr. Ernst de Waal, het Sondag gesê 'n kontrakteur sal eersdaags aangewys word om die dorp se paaie te herstel.

Hiernaas, sê hy, sal 'n aanvullende 2,5 km-stuk geïdentifiseer word om te teer.

/Goagoses sê dit sal harde werk verg om die gemors om te keer, maar “my leuse is: Nathalia slaap nie wanneer dinge nie reg is nie. So ons werk onverpoos om dit reg te stel.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026