Rehoboth-regruk op dreef
Sowat twee maande nadat die ganse dorpsraad ontbind is, blyk daar weer hoop op 'n Hardapdorp te wees.
Denver Kisting – Amptenare van die Rehoboth-dorpsraad wat deur inwoners van dié dorp op straat en elders omgekoop word, se dae is getel.
Dít was die naweek die onomwonde waarskuwing van me. Nathalia Goagoses, die tussentydse ministeriële verteenwoordiger verbonde aan dié beleërde dorpsraad. “Lede van die Rehoboth-gemeenskap word hiermee vermaan om nie sake met enige individu, hetsy ’n personeellid of enigiemand anders, op straat of buite die dorpsraadperseel te bedryf nie.”
Vir enige amptelike transaksie nooi sy inwoners uit om haar kantoor of dié van die uitvoerende hoof, mnr. Christoph /Uirab, te besoek.
Tydens die afgelope twee maande wat sy aan die stuur van die Rehoboth-dorpsraad staan, werk sy en haar spanlede onverpoos om die boeke, verslae en ander toepaslike inligting te hersien om beter dienslewering te weeg te bring, sê dié voormalige hoofstreeksbeampte van die Erongostreek.
Sy beskik oor meer as 35 jaar se ervaring in verskeie hoedanighede in die staatsdiens en is sowat twee maande gelede aangestel om Rehoboth te help regruk.
Onder meer, sê sy, word daar tans maatreëls in werking gestel om “onnodige en ongemagtigde uitgawes” hok te slaan. “Streng beheermaatreëls word tans geïmplementeer om finansiële omsigtigheid daar te stel.”
Daarnaas is die 2017-’18-begroting reeds afgehandel en gereed om aan die Hardapstreeksraad voorgelê te word, sê sy. “Ons is besig om die vertroue van die inwoners terug te wen. Hoe (doen ons dit)? Vir die eerste keer in ’n baie lang tyd is die invordering van geld beduidend.”
Goagoses sê sy is voorts besig om die dorpsraad te herstruktureer om te verseker opgeleide personeel word in senior poste aangestel.
Oor hoe die ondersoek vorder na beweerde ongerymdhede, wat al jare die werksaamhede van die Rehoboth-dorpsraad in die wiele ry, sê Goagoses sy mag in dié stadium nog nie veel onthul nie. “My kantoor – in samewerking met die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling – is besig om sistematies te werk aan maniere om met die beweerde voorvalle van onreëlmatighede om te gaan. Ek is nie tans in ’n posisie om enigiets te sê nie, omdat hierdie aangeleenthede regs- en ander implikasies kan hê. Maar wat ek wel kán sê, is dat ons bésig is.”
Volgens haar is sy nie by magte om te sê of die dorpsraadslede, wat onlangs in die pad gesteek is, strafregtelike vervolging in die gesig staar nie.
Goagoses sê sy is optimisties dat die Rehoboth-dorpsraad eersdaags weer op sy voete sal kom. “Ek wil graag inwoners en ander belanghebbendes bedank vir hul ondersteuning aan die nuwe administrasie onder my leierskap. Ek belowe dat die Rehoboth-dorpsraad gehaltediens aan sy inwoners sal lewer. Eweneens nooi ek inwoners uit om hul kant te bring en vir dienste te betaal of die nodige reëlings te tref.”
Goagoses sê haar deur is oop vir positiewe en opbouende terugvoering “en om ons te laat weet van enige tekortkoming wat steeds ervaar word”.
Sy sê gemeenskapvergaderings word vir die laaste week van Mei en die eerste week in Junie beplan waartydens lede van die gemeenskap verdere griewe kan kom lig.
Minister se reaksie
Met die onlangse skorsing van die Rehoboth-dorpsraad het dr. Peya Mushelenga, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, gewaarsku alle plaaslike owerhede sal voortaan moet ligloop.
Hy het gister by navraag aan Republikein gesê: “Ons is besig om regstellende maatreëls in werking te stel. Dít is waarom daar mense aangestel is om die werksaamhede te bestuur en orde te herstel.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie