Rehoboth-raad waarsku inwoners
Dorpsbewoners en besighede wat nie hul rekeninge vereffen nie, haal hulle die gramskap van die dorpsraad op die hals.
Denver Kisting – Die Rehoboth-dorpsraad het gister by monde van sy woordvoerder, me. Desire Theunissen, gesê wanbetalers se dae is getel.
Volgens haar gaan die dorpsraad bestaande wetgewing inspan om mense se water- en kragtoevoer óf in te perk óf op te skort indien hulle nie hul uitstaande rekeninge vereffen nie.
Om nie ’n rekeningstaat te hê nie, regverdig nie wantbetaling nie, het Theunissen gewaarsku.
Sy het ’n beroep op inwoners gedoen om kragtens die dorpsraad se kredietbeleid reëlings te tref om hul agterstallige rekeninge af te betaal.
In ’n onlangse onderhoud met Republikein het Theunissen gesê vanweë “historiese skuld” het die dorpsraad “beduidende bedrae” skuld by NamWater en NamPower opgeloop.
Sy het nog nie gereageer op opvolgvrae oor hoeveel dié skuld presies beloop nie.
Volgens haar is die nuwe dorpsraadbestuur hard aan die swoeg om met behulp van beleidsrigtings geld te in en dienslewering te verbeter.
“Inkomste-invordering is steeds ’n uitdaging weens ons plaaslike ekonomiese uitdagings, werkloosheid en die huidige droogtesituasie waarvan ons kennis neem.”
Inwoners het ’n verantwoordelikheid om hul pligte na te kom al is dit teen ’n stadige pas, het sy gesê.
Me. Nathalia /Goagoses swaai sedert verlede jaar die septer op Rehoboth.
Sy is deur dr. Peya Mushelenga, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, aangestel om sake te probeer beredder nadat hy die ganse raad in die pad gesteek het.
Theunissen sê die munisipaliteit is tans besig om aan verskeie projekte aandag te gee. Dit, sê sy, sluit die lewering van water en krag en die verkoop van woonerwe in.
Die opgradering van die begraafplaas in samewerking met die gemeenskap en die Rehoboth Cemetery Development Forum geniet ook tans aandag, sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie