Reho versamelpunt vir haastige perde
Reho versamelpunt vir haastige perde

Reho versamelpunt vir haastige perde

Perdewedrenne
Angermund Racing en Standard Bank Namibië gaan Saterdag op Rehoboth die Standard Bank Winterbekerbyeenkoms aanbied waar 64 perde van oral in die land in nege renne gaan meeding.

In die Maiden-afdeling kan toeskouers uitsien na die vertonings van Gimme The Light van Bernhard Kaanjuka uit die Omahekestreek en Little Gypsy van die Alberts-stalle uit die suide.

Target Search van Kobos-renne en Dashing Brave van George Mouton van Rehoboth sal hul beste lewer om die besoekers te klop.

Mojo King en Double Bind van Enrico Junius is twee nuwelinge wat vir die eerste keer die hoewe op Namibiese bodem gaan laat klap, met Canigao van Kaanjuka wat as groentjie by hulle aansluit.

Die hoofren van die dag word oor 2 400 meter beslis waar die spoedrosse se fiksheid, stamina en uithouvermoë getoets gaan word, terwyl die jokkies elke denkbare taktiek in die boek sal moet gebruik om eerste oor die einstreep te seil.

Gesoute deelnemers soos Surruptitious, La Myst, Over Achiever, Master Chie en Stebbins, die gunstelling uit die Alberts-stalle, is gereed om liefhebbers van perdesport te bederf.

Toegang tot die venue beloop N$20 vir volwassenes en N$10 vir kinders. Die dag se program begin om 12:00. Verversing sal te koop wees.

Kommentaar

Republikein 2025-05-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer