Reho se /Uirab ‘in die pad gesteek’
’n Storm het opnuut by die beleërde Rehoboth-dorpsraad losgebars.
Denver Kisting – Mnr. Christoph /Uirab, uitvoerende hoof van die Rehoboth-dorpsraad, het agt maande van sy termyn tuis deurgebring.
/Uirab, wie se laaste werksdag vandag is, is twee keer binne die afgelope twee jaar vir twee maande en ses maande onderskeidelik geskors.
Hy het in Februarie 2016 as uitvoerende hoof van die Rehoboth-dorpsraad begin werk.
/Uirab het gister bevestig vandag is sy laaste dag nadat me. Nathalia Goagoses, die ministeriële verteenwoordiger op dié dorp, hom glo vroeër vandeesweek in die pad gesteek het.
Hy wou nie verder kommentaar lewer nie.
Goagoses het op haar beurt gesê /Uirab het bedank en die raad het sy bedanking aanvaar.
Republikein verstaan /Uirab het haar op 20 Junie ingelig dat sy dienste tot November vanjaar vir die dorpsraad beskikbaar is.
Sy het hom glo Maandag ingeroep en ingelig sy kennistydperk van 30 dae verstryk vandag.
Die arbeidswet sê ’n werknemer, wat langer as ’n jaar werk, mag nie minder as 30 dae kennis gee nie.
Daarnaas, sê dié wet ’n werkgewer en ’n werknemer mag die tydperk verleng mits “dit vir beide partye ewe lank duur”.
Daar word verstaan hy wou die raad net inlig oor sy planne om later vanjaar die tuig neer te lê en dit moes in geen stadium as ’n bedanking dien nie.
Die koerant verneem betroubaar die raad staar moontlike regsaksie in die gesig.
Goagoses het gister uit Swakopmund, waar sy ’n slypskool bywoon, gesê die arbeidswet maak nie voorsiening vir ’n kennistydperk van vyf maande nie.
Mnr. Derek Klazen, die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, het vroeër vanjaar namens die minister, dr. Peya Mushelenga, die ganse raad van dié dorp die trekpas gegee.
Met die deel van dié nuus het Klazen Goagoses se aanstelling aangekondig.
Die Rehoboth-dorpsraad gaan al die afgelope klompie jare gebuk onder politieke binnegevegte.
’n Bron na aan die sage het gister op voorwaarde van anonimiteit gesê: “Alles wat hier op Rehoboth gebeur, het met politieke spanning te doen.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie