Reho se optog uitgestel
’n Vreedsame protesoptog wat vir vandag op Rehoboth beplan is nadat die dorp se water verlede week afgesny is, is tot volgende Dinsdag uitgestel.
Mnr. Lukas de Klerk van die DTA het die dorpsraad van doelbewuste voeteslepery met die goedkeuring van die betoging beskuldig. Volgens hom moes die polisie gister self na aanleiding van berigte in die media navrae oor die optog begin doen.
Volgens die dorp se DTA-tak is al op 25 Augustus kennis aan die dorpsraad gegee. Die saak is Maandag opgevolg en toe moes ’n tweede kennisgewing bedien word.
Teen Dinsdag was senior bestuurslede in Windhoek om met NamPower oor die dorp se kragskuld te onderhandel en daarom kon ’n kennisgewing aan die polisie volgens De Klerk nie afgeteken word nie.
“Dit is weer eens ’n bewys dat die amptenare iets het om weg te steek,” het hy in ’n nuusvrystelling gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie