Reho se Katolieke hou Vleisfees
Boet Matthews - Die tweede Country Vleisfees wat Saterdag by die Rehoboth-skouterrein plaasvind, is nou al ’n jaarlikse instelling op menige Namibiër se kalender.
Sedert die Katolieke Kerk dit verlede jaar begin het, gaan die geleentheid van krag tot krag. Eintlik is die belangstelling só groot, die organiseerders moes die laaste paar weke, twee tot drie keer per week vergader om op hoogte van sake te bly en om te verseker die wiele bly aan die rol.
Die afgelope maande het mans en vroue uit verskillende blokke op Rehoboth hande gevat om agter die skerms te werk sodat alles gereed gaan wees vir Saterdag se groot geleentheid. Dit is juis hierdie mense se insette wat sorg dat dinge klopdisselboom verloop.
Na verwagting gaan die vure vanjaar nog hoër by die Vleisfees brand en gaan die potte reeds van vroeg regstaan om verskeie soorte vleis te braai en voor te sit. Gaste kan ook uitsien na van die land se beste biltong en droëwors, vleis en boerewors teen sakpaspryse.
Die vleis is egter net ’n deel van waarna besoekers kan uitsien. Die bekende Namib-treintjie gaan by die skouterrein sy rokies blaas, vroegoggend gaan ’n perde-uithourit gehou word en die musiekmakers gaan deurentyd hul slag op die verhoog wys en gaste se voete laat stamp.
Nog ’n trekpleister is die cowboys wat rodeo gaan ry. Verlede jaar was dit ’n belewenis om te sien hoe mens en dier vir ’n onvergeetlike vertoning van spierkrag, bulkrag en mannemoed saamwerk.
In die groot tent kan die dors geles word en gaan in egte karnavalstyl gekuier word.
Die dag se verrigtinge begin om 07:00 met ’n optog van die Hoërskool Dr. Lemmer tot by die Rehoboth-skouterrein terwyl ’n langarmdans by die skousaal met Upington se Nu-Balance-orkes wat optree, die dag afsluit. Kaartjies hiervoor kos N$30.
Hoewel die fees deur die Katolieke Kerk aangebied word, is dit nie uitsluitlik vir die Katolieke nie, maar vir ’n ieder en ’n elk. Dit gaan ook beslis nie ’n gewone kerkbasaar wees nie.
Trek dus jou cowboy-klere aan, sit ’n hoed op jou kop en kom dryf die koue weg met die liplekker spitbraai, kerrie en afval saam met ’n heerlike roosterbrood. Daar wag ook ’n prys op die paartjie met die beste uitrustings.
Sien julle daar!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie