Reho-optog in kiem gesmoor
Antwoorde is verkry ná twee voorwaardes oor die koop van erwe inwoners van dié dorp erg ontstel het.
Yolanda Nel
Rehobothers sou Vrydag ’n optog tot by die dorpsraad se kantoor hou om ’n petisie aan die raad te oorhanding.
Die inhoud daarvan sou voorwaardes vir die verkoop van erwe insluit.
Volgens mnr. Lucas de Klerk, van die Popular Democratic Movement (PDM), is dié plan ná ’n lang gesprek met me. Nathalia /Goagoses van die baan.
/Goagoses is tydelik aangestel om ’n regrukasksie op die dorp van stapel te stuur.
Die optog is beplan ná talle vrae ontstaan het oor die feit dat slegs twee voorwaardes nagekom moet word om ’n erf op Rehoboth te bekom.
“Jy moet ’n eerste koper wees en jy mag die erf nie weer verkoop nie,” het De Klerk gesê.
Inwoners krap kop hieroor.
“Beteken dit alle Namibiërs mag erwe koop, of geld dit net vir Rehobothers? Hoe word ons dan beskerm?” wou hy weet.
Volgens De Klerk is uitsluitsel nie bereik oor of die proses ’n ope of geslote bodproses sal behels nie.
“Wie kry voorkeur – die persoon wat die hoogste bod insit, die kontantkoper of die persoon wat eintlik behoeftig is?”
Ná die vergadering met /Goagoses het De Klerk gesê ooreenstemming is bereik.
“Ek is op die erfkomitee en is dus nou by die keuringsproses betrokke,” het hy gesê.
Volgens De Klerk het /Goagoses inligting met hom gedeel oor die proses en wat dit behels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie