Reho-minderjarige borgtog geweier
Reho-minderjarige borgtog geweier

Reho-minderjarige borgtog geweier

Die tenger tienerseun (14) wat glo Dinsdagoggend ’n 15-jarige medekoshuisleerder doodgesteek het, moet psigiatries geëvalueer word om te bepaal of hy vervolg kan word.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die kind met spesiale leerbehoeftes (14), wat na bewering Dinsdagoggend ’n medekoshuisleerder (15) op Rehoboth doodgesteek het, is gister borgtog geweier in die landdroshof op dié dorp ná hy formeel om borgtog moes aansoek doen.

Dít kom nadat die staat borgtog teengestaan het.

Die saak is tot 12 November vir verdere polisieondersoek en vir die seun se psigiatriese evaluering uitgestel.

Die beskuldigde, ’n graad 3-leerling by St. Joseph’s Laerskool, het reeds eergisteraand in ’n enkelsel by die Rehoboth-polisiekantoor deurgebring.

Die kinderadvokaat in die kantoor van die ombudsman, me. Ingrid Husselmann, het gister gesê kinderbeskuldigdes moenie soos ’n misdadiger behandel word nie.

Sy het te velde getrek daarteen dat die kind selfs vir een aand in aanhouding deurgebring het.

Die beskerming van so ’n kind behoort prioriteit te geniet. “Hy’s net ’n kind.”

Boonop behoort hy ook onskuldig geag te word tot hy skuldig bevind word, het sy by navraag gesê.

Maar, sê Husselmann, sy is tevrede om te hoor dat die kind nie voortaan in ’n sel aangehou sal word nie.

Na wat verneem word, het hy onder herhaalde afknouery deurgeloop – glo onder meer aan die hand van die oorledene, Ivan Zamuee.

Die koshuis waar die tragedie afgespeel het, behoort aan die Rooms-Katolieke Kerk.

Volgens ’n inspekteur op Rehoboth, mnr. George Dax, word die kinders saans in die koshuis toegesluit omdat daar nie genoeg personeellede vir toesighouding is nie.

’n Matrone en twee algemene werknemers is aan dié koshuis verbonde.

Die matrone was na wat verneem word met verlof tydens die voorval Dinsdagoggend.

Me. Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, het Dinsdagmiddag gesê kragtens ’n ooreenkoms tussen die ministerie en die kerk, bekom die kerk N$22 per leerling per dag.

Die ooreenkoms sit uiteen hoe dié subsidie bestee moet word tussen kos, skoonmaakmiddels en salarisse.

“Die verantwoordelikheid berus by die eienaars dat voldoende personeel aangestel word.”

Steenkamp sê sy dra nie kennis daarvan dat die kinders saans toegesluit word nie.

Intussen sê biskop Willem Christiaans van die Keetmanshoop-bisdom, waaronder Rehoboth ressorteer, gister in ’n verklaring: “Die Rooms-Katolieke Kerk (en) die bisdom van Keetmanshoop, het met hartseer die skokkende nuus ontvang van ’n steekvoorval op 13 Oktober by een van ons koshuise, St. Joseph’s op Rehoboth.”

Volgens Christiaans betreur die kerk die 15-jarige se dood, terwyl hulle terselfdertyd saam met die beskuldigde se familie pyn ervaar.

Hy sê hy is verbind daartoe om saam met die polisie te werk om dié “tragiese voorval” te ondersoek.

Me. Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), het gistermiddag gesê in die eerste plek moet vasgestel word wat behels die beskuldigde se spesiale behoeftes.

Die kind se spesiale behoeftes moet onder die landdros se aandag gevestig word.

Wat openbare belang betref, kan dit wees dat die staat bang is dat dit onveilig sal wees om die kind vry te laat as die samelewing met vergelding gedreig het.

Met die beperkte inligting tot haar beskikking, is dit moeilik om te sê of die seun aangehou of vrygelaat moet word, sê Hancox.

Sy sê maatskaplike werkers is by magte om met die aangeleentheid om te gaan.

Intussen berig Nampa ’n 13-jarige seun het gister sy tweede verskyning in die Gobabis-landdroshof gemaak weens die mesdood van mnr. Anton Goeieman in Augustus.

Dié tiener is vroeër op borgtog vrygelaat en moet weer op 27 Januarie op aanklag van moord in die hof verskyn.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%