Reho Falcon vereer spelers
Rugby
Op Saterdagaand 26 November het Reho Falcon Rugbyklub op Rehoboth sy jaarlikse prysuitdeling gehou waar spelers vereer is wat noemenswaardig in die afgelope seisoen presteer het.
Die volgende spelers het trofeë in die onderskeie kategorieë ontvang: Beste tweedespan-voorspeler, Zandre Cloete; beste tweedespan-agterspeler, Gutley Beukes; beste algehele vordering, Zechner Fergus Johr; beste jong speler, Brandon Dentlinger; beste eerstespan-voorspeler, Loyd van Wyk; beste eerstespan-agterspeler, Xaviour van Wyk; beste drie van die jaar, Reginald Araeb; mees toegewyde speler, Jacques Platt; voorsittertoekenning, Diego Loubser; speler van die jaar, Collin de Koe; sportman van die jaar, Denzil van Wyk.
“Hiermee wil die bestuur van Reho Falcon al sy borge en ondersteuners bedank vir hul bydrae en hulle ''n geseënde Kersfees en ''n voorspoedige Nuwejaar toewens,” het die klub se verklaring gelui.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie