Regulasies vir loterye en dobbel kom
Regulasies vir loterye en dobbel kom

Regulasies vir loterye en dobbel kom

Werkwinkels word landswyd aangebied om regulasies in dié bedryf met nuwe wetgewing te laat strook.
Francoise Steynberg
font face="Verdana" >

Francoise Steynberg - Alle rolspelers in die lotery- en dobbelbedryf moet landswye openbare werkwinkels bywoon sodat regulasies volgens nuwe wetgewing opgestel kan word.

"As rolspelers in dié bedryf die werkwinkels nie bywoon nie, gaan regulasies sonder hul insette van krag word," het dr. Sem Shikongo, direkteur van toerisme en dobbelary in die ministerie van die omgewing en toerisme, gister aan Republikein gesê.

"Die wette, die nuwe Loterywet van 2017 en die Dobbelary en Vermaakbeheerwet van 2018, bepaal wat moet met loterye en dobbelary gebeur, en die regulasies bepaal hoe dit moet gebeur," verduidelik Shikongo.

Die eerste twee dae lange openbare werkwinkel skop vandag om 09:00 in die hoofstad by die Safari Hotel en Konferensiesentrum af.

Die eerste dag word aan loterye gewy en die tweede dag aan dobbelary.

Shikongo sê die alle rolspelers moet insette oor regulasies lewer.

In die geval van loterye moet organisasies of instellings wat promosiekompetisies hou vandag by die werkwinkel teenwoordig wees, asook skole en kerkleiers wat gelukstrekkings hou, private klubs, sportklubs en kroeë, alle netwerkdiensverskaffers en nieregeringsorganisasies soos liefdadigheids- en welsynsorganisies en besighede betrokke by loterye, of wat loterye bedryf.

"Baie organisasies, soos skole, sportklubs, kerke en welsynsorganisasies word hierdeur geraak. Daar gaan byvoorbeeld 'n beperking op die maksimum bedrag wengeld wees," verduidelik Shikongo.

Hy sê die regering het besef die loterybedryf moet doeltreffend gereguleer word om dit misdaadvry te hou, terwyl inkomste vir die staat gegenereer word om maatskaplike welsyn en opheffing te ondersteun.

Shikongo gebruik gelukstrekkingkaartjies vir die bou van 'n kerk as voorbeeld: "Kaartjies word verkoop, maar jy weet nie of die kerk wel gebou word of nie."

Hy sê 'n loteryraad en staatsloterytrustfonds moet gestig word, voorsiening moet vir die uitvoer van die beoogde staatslotery en 'n sportboerpot deur die raad of deur lisensiehouers gemaak word.

"Daar moet ook voorsiening gemaak word vir die goedkeuring van ander loterye en promosiekompetisies waaroor toesig en beheer uitgeoefen moet word," sê Shikongo.

DOBBELARY

Op die tweede dag van die werkwinkel word regulasies vir dobbelary vasgestel, asook vir die stigting van 'n dobbelraad en dobbeltrustfonds.

Shikongo sê bestaande lisensiehouers van dobbelhuise en casino's moet die werkwinkel bywoon, asook diegene wat nie lisensies het nie.

Volgens hom is daar tans ses casino's en 256 dobbelhuise met lisensies in die land, “maar daar is baie meer ongelisensieerde dobbelhuise”.

Shikongo het bevestig die nuwe dobbelwet lig die moratorium op die uitreiking van dobbellisensies.

“Sodra dié wet van krag word, moet alle dobbelmasjiene binne 'n jaar geregistreer word om te bepaal hoeveel in die land is. As dit nie ná 'n jaar geregistreer is nie, is die strawwe vir onwettige masjiene sonder lisensies baie swaar – onder meer 10 jaar tronkstraf of ’n boete van N$50 000,” maan Shikongo.

Daar sal ook beskerming vir dobbelverslaafdes wees: “Dobbelverslaafdes word op ’n register geplaas en die lys sal by alle casino’s wees. As ’n dobbelverslaafde by ’n casino dobbel, kan die casino beboet word.”

Shikongo sê selfs die kinders van dobbelverslaafde voogde kan hul voogde op dié lys plaas.

Die ander werkwinkels vind op 25 en 26 Februarie by Schützenhaus op Keetmanshoop plaas, asook op 28 Februarie en 1 Maart by die Swakopmund Hotel en Vermaaksentrum op Swakopmund, op 4 en 5 Maart by Out of Africa op Otjiwarongo, op 7 en 8 Maart by Oshandira Lodge op Oshakati , op 11 en 12 Maart by Ngandu Safari Lodge op Rundu en op 14 en 15 Maart by die Protea Hotel op Katima Mulilo.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026