Regulasies verder verslap vir makliker oorgrensreise
Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob het vanmiddag by Staatshuis aangekondig alle reisigers wat die land binnekom, toeriste sowel as Namibiërs, kan direk na hul finale bestemming reis indien hulle ’n negatiewe Covid-19-toets kan toon wat nie ouer is as 72 uur nie. Dit moet ’n polimerase-kettingsreaksie-toets (PCR) wees.
Die verpligte toets op dag 5 waaraan toeriste onderwerp was, val weg.
Alle reisigers wat die land binnekom met ‘n negatiewe toetsuitslag wat ouer as 72 uur is, maar nie ouer as 7 dae is nie, moet hulle aan toesighoudende kwarantyn onderwerp. Dit kan tuis gedoen word indien die gesondheidsowerheid dit goedkeur en sal vir ‘n tydperk van 7 dae wees. In die geval van toeriste, kan dit by ‘n toeristebestemming geskied.
Buitelanders sal nie toegelaat word om die land sonder ‘n negatiewe Covid-19-toets nie.
Namibiërs wat die land binnekom sonder ’n PRC-toets vir Covid-19, sal aan verpligte kwarantyn onderwerp word by ’n plek wat deur die staat voorgeskryf word. Dié reël geld ook alle vlugpersoneel, lorriedrywers, seevaarders en noodlenigingswerkers.
Ander verligtingsmaatreëls sluit in dat bestuurders van voertuie weer die maksimum getal passasiers mag vervoer soos deur die vervaardiger van die voertuig bepaal is.
Voorts verhoog die maksimum getal mense by byeenkomste nou na 200.
Namibië sal ook toenemend die oopstelling van sy grense met dié van ander Afrikalande harmoniseer om byvoorbeeld kontaksport-geleenthede te hervat en studente en leerlinge by skole en tersiêre instellings te akkommodeer.
Dié maatreël tree môre (22 Oktober) in werking en geld tot middernag op 30 November.
Foto Pixabay

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie