Regsvereniging ontken uitsluiting
'Meeste lede is van voorheen benadeelde groepe, maar die organisasie is nie uitsluitlik vir hulle nie.'
Catherine Sasman
Die Namibië Regsvereniging (NLA) ontken heftig dat hulle wit mans uitsluit, soos sekere lede van die regsgemeenskap beweer.
Alle prokureurs, behalwe wit mans, was glo vroeër vanjaar genooi om die NLA se herbekendstelling op 25 Februarie by te woon.
'n Lid van die nuwe NLA-raad, me. Uno Katjipuka, het dié bewering ontken.
“Dit is heeltemal verkeerd,” het sy gesê. “Almal wat die NLA se doelstellings ondersteun, is genooi.”
Sy het gesê sy het met haar eie oë minstens een wit man by die herbekendstelling gesien en afgelei daar was nog by die geleentheid.
Katjipuka het erken die NLA het spesifieke mense genader en dat uitnodigings gestuur is, maar het benadruk dat, hoewel die meerderheid lede uit mense van voorheen benadeelde groepe bestaan, die vereniging nie eksklusief vir hulle is nie.
Eintlik is mnr. Richard Metcalfe, 'n wit man, 'n stigterslid van die NLA.
“Die NLA is nie besorg oor wie wit en wie swart is nie, maar eerder oor wie met ons doelwitte saamstem en hoe ons dit kan bereik. Die naaste wat ons kom aan gemoeid wees met ras, is die feit dat die meeste, maar nie al ons lede nie, uit voorheen benadeelde agtergronde kom. Ons doelwitte is juis gemik op voorheen benadeelde Namibiërs," het Katjipuka gesê.
'n Wit prokureur wat anonimiteit verkies, stel dit egter onomwonde dat die NLA wit mans opsy skuif.
Hy sê: “As 'n land moet ons besluit of ons as 'n afgesonderde, diskriminerende gemeenskap of as 'n verenigde nasie wil vooruitgaan.”
Hy het bygevoeg verdelende beleide spruit uit jare se politieke retoriek, wat volgens hom ongelukkig “burgerlike organisasies” soos die NLA geïnfiltreer het.
“Ons kan nie verenig wees as ons aksies verdelend is nie,” sê hy.
Katjipuka het by die herbekendstelling gesê: “Talle voorheen benadeelde regspraktisyns geniet deesdae status en respek in die regsgemeenskap, asook finansiële sekuriteit, maar dit beteken nie noodwendig die oorspronklike doelwitte is behaal nie.”
Een van dié doelwitte is om 'n ten volle verteenwoordigende regbank daar te stel.
“Dit beteken eenvoudig 'n regbank wat verteenwoordigend is van alle Namibiërs,” het Katjipuka gesê en bygevoeg dat vroue nog steeds erg onderverteenwoordig is.
“Daar moet meer vroulike regters wees.”
Nog 'n kwessie wat die NLA wil aanspreek is die onbekostigbaarheid van regsdienste en die feit dat die meerderheid van die publiek nie weet wat hul regte is en hoe om dit te beskerm nie, het sy gesê.
“Maar ons hoef nie verskoning te vra omdat ons die NLA weer op die been gebring het of omdat die meeste van ons uit voorheen benadeelde agtergronde kom nie, of omdat ons besluit het om te doen wat ons as ons plig ag nie,” het Katjipuka gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie