Regstryd woed voort ná onskuldigbevinding

'n Man wat in 2005 in hegtenis geneem is, 'n dekade agter tralies was en daarna onskuldig bevind is, eis nou skadevergoeding van sowat N$11 miljoen.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith



'n Voormalige taxi­bestuurder wat ná tien jaar agter tralies onskuldig bevind is, se regstryd waarin hy miljoene in skadevergoeding eis, nader nou vier jaar in die hof en dit word verwag dat die saak vir nog 'n paar jaar gaan sloer.

Petrus Shoovaleka is in 2005 op 'n klag van roof in hegtenis geneem en is ná 'n drie jaar lange verhoor, wat eers sewe jaar ná sy inhegtenisneming begin het, onskuldig bevind en hy is in Julie 2016 uiteindelik vrygelaat.

Hy het as 'n onskuldige man tien jaar, vyf maande en 29 dae in die tronk deurgebring.

Shoovaleka het, volgens die hofstukke, met die hulp van die prokureursfirma Nixon Marcus op grond van 'n “grootskaalse mislukking van die strafregstelsel” vir skadevergoeding gedagvaar.

Shoovaleka sê in hofdokumente hoewel hy nie 'n prokureur is nie en 'n beperkte opvoedkundige agtergrond het, voel hy ná sy beproewing van meer as tien jaar moet iemand aanspreeklik gehou word vir wat met hom gebeur het.

Sy regstryd van N$11 miljoen het verlede jaar einde se kant toe gestaan nadat die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, se regspan die hof in kennis gestel het dat hulle bereid is om 'n skikking te beding en nie die saak hof toe te sleep nie.

Shoovaleka het einde 2017 sy regsgeding aanhangig gemaak en was hoopvol dit sou teen einde verlede jaar afgehandel wees, nadat skikkingsonderhandelinge in Julie 2020 begin het.

Imalwa het egter in middel Desember 'n skielike U-draai gemaak en die hof in kennis gestel sy het van plan verander en wou die saak in die hof verdedig.



ERKEN INDISKRESIES

In Desember 2020, kort voor Imalwa van plan verander het, het die staatsaanklaer Jabulani Ncube aan die hof gesê die enigste kwessie wat nog onderhandel moes word, was die bedrag wat Shoovaleka geëis het.

Shoovaleka se regsgeding beoog dat die hof die kantoor van die aanklaer-generaal beveel om skadevergoeding van N$11 247 917 aan hom te betaal.

Daarbenewens eis hy N$65 000 in skadevergoeding by die polisie vir die skade wat sy taxi, 'n Toyota Corolla-sedanvoertuig, opgedoen het nadat dit in 2005 geskut is.

“Ons het nie gepleit nie, omdat ons die meeste van hierdie indiskresies erken, die enigste kwessie is die kwantum (bedrag van skadevergoeding),” het Ncube aan die hof gesê.



PLEITSTUKKE

In hofstukke het Imalwa erken sy is aanvanklik aangeraai om te skik en die saak af te handel, pleks daarvan om te vra dat die gewysigde eisbesonderhede aangevra word wat Shoovaleka in Maart 2020 ingedien het.

Hoërhofregter Herman Oosthuizen het in Julie vanjaar ten gunste van Imalwa se versoek beslis en haar toegelaat om pleitstukke in te dien wat reeds vanaf Julie 2020 uitstaande is.

Sy het aangevoer sy het nie die pleitstukke ingedien nie, aangesien haar prokureurs haar aangeraai het om eerder die saak te skik.

Shoovaleka het hard teen Imalwa se laat indiening geveg.

Hy het gesê die hof moet in ag neem dat haar “onredelike gedrag in hierdie saak die katastrofiese mislukking van die stelsel ten koste van die eiser – 'n mens – net vererger.”

Oosthuizen het Imalwa beveel om die pleitstukke teen 13 Augustus 2021 in te dien en om die koste te betaal wat Shoovaleka aangegaan het weens die laat indiening.



HOF SE MISNOEË

Terwyl Oosthuizen ten gunste van die verweerder beslis het, het sy uitspraak die misnoeë van die hof met die ­vertraging in die verrigtinge in die algemeen en die skielike U-draai beklemtoon.

“Enige redelike hof sou aanvaar die partye stem ooreen oor die feitelike meriete van die eiser se eis. Hierdie hof het beslis,” het Oosthuizen in sy uitspraak gesê.

Oosthuizen het ook gesê Imalwa se argument dat sy nie van die betrokke regspraak oor die aangeleentheid kennis gedra het nie, is “verstommend en kommerwekkend”.

“Die verskoning wat die tweede verweerder (Imalwa) aanbied oor haar onkunde oor die toepaslike regspraak in die lig van haar grondwetlike verpligtinge en betrokkenheid as party in die huidige saak, is onthullend,” het hy gesê.

Die regter het gesê dit het die hof ongerief veroorsaak en die regte regspleging is gevolglik vir meer as 'n jaar opgeskort.

Shoovaleka het ses verweerders in sy saak genoem en dit sluit die president van Namibië, Imalwa, die minister van veiligheid en sekuriteit, die inspekteur-generaal van die polisie, die prokureur-generaal en die permanente sekretaris van die regbank in.

Mnr. Unomwinjo Katjipuka-Sibolile tree namens Shoovaleka op.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042