Regstelling
Regstelling

Regstelling

Andrew Poolman
'n Blaps het gister in die onder­skrif van die Namibiese Wêreldbeker-rugbyspan se welwillendheidsbesoek aan Staatshuis deurgeglip, toe dit gestel is dat president Hage Geingob en sy vrou me. Monica Geingos die toergroep ontvang het. Op die voorste ry stoele was dit inderdaad die ministerie van sport, jeug en nasionale diens se uitvoerende direkteur, me. Emma Kantema-Gaomas (foto) en nie die presidentsvrou nie. Republikein bied hiermee sy verskoning vir die oorsig aan.

Kommentaar

Republikein 2025-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer