Registrasie van identiteitsdokumente tydelik opgeskort
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het weens 'n hoë aantal Covid-gevalle onder personeel landwyd die registrasie van identifikasiekaarte tydelik opgeskort. In 'n verklaring sê die ministerie die neem van vingerafdrukke tydens die registrasieproses vereis fisiese kontak tussen aansoekers en personeel wat die protokol vir sosiale afstand oortree.
Die tydelike opskorting sal vanaf môre (Woensdag) vir twee weke tot 2 Julie duur. Die ministerie het 'n beroep op inwoners gedoen wat nie dringend 'n identiteitsdokument nodig het nie, om eers hul aansoeke op ys te plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie