Registrasie 'n 'vrywillige proses'
Selfoongebruikers het geen verpligting om hul SIM-kaarte te registreer nie.
Henriette Lamprecht
Die registrasie van SIM-kaarte is 'n vrywillige eerder as 'n verpligte proses.
Die mobiele telekommunikasie-maatskappy (MTC) sê in 'n verklaring die registrasie van 'n SIM-kaart hou voordele vir die kliënt in.
Volgens sy hoof van menslike kapitaal en korporatiewe aangeleenthede, mnr. Tim Ekandjo, beskerm dit die kliënt teen selfoon- en identiteitsbedrog en verseker dit ook die selfoonnommer is wél by MTC geregistreer.
“Ons wil beklemtoon dat dit 'n totaal vrywillige proses is. Al ons bestaande kliënte het die opsie om hul SIM-kaarte te registreer indien dit nog nie gedoen is nie. Kliënte het geen verpligting om dit te doen totdat 'n wet dit bekragtig nie.”
Volgens MTC se nuwe, interne beleid sal kliënte wat nuwe SIM-kaarte by sy mobiele dienspunte koop, ingelig word oor die noodsaaklikheid om hul kaarte by die verkooppunt te registeer.
“Kliënte wat SIM-kaarte elders by straatverkopers, MTC-handelaars en ander verkoopspunte koop, kan dit steeds doen, sonder enige verpligting om dit te registreer.”
Ekandjo het mense aangeraai om hul SIM-kaarte wél te registreer om hulself te beskerm.
“Ons is daarvan bewus dat advertensies in plaaslike media die indruk kon geskep het dat dit 'n verpligte proses is. Ons wil egter beklemtoon dit is totaal vrywillig en vra om verskoning as die boodskap onduidelik was,” het Ekandjo gesê.
Volgens hom is daar ook geen sper- of afsnydatum tot wanneer kliënte kan registreer nie en is dit 'n voortdurende proses.
“Ons is bewus van die wet wat moontlik eersdaags aanvaar kan word en wat uiteindelik alle SIM-kaarthouers gaan verplig om hul SIM-kaarte te registreer. In afwagting op dié wet en met MTC wat proaktief is in die verskaffing van beskerming aan sy kliënte, het ons met die vrywillige proses begin om kliënte hierop voor te berei.”
MTC het in 'n advertensie in plaaslike media 'n nuwe vereiste bekend gestel waarvolgens alle SIM-kaarte vir selfone vanaf 10 April geregistreer moet word. Redes vir die registrasie is om te verseker dat die selfoonnommer wettig op alle MTC-stelsels geregistreer is, om beskerming teen selfoon- en identeitsbedrog te bied en om die vervangingsproses van SIM-kaarte makliker te maak, in afwagting op die komende wet.
Vir die registrasie het individue onder meer 'n verklaring nodig dat die selfoonnommer behoort aan die persoon in wie se naam dit geregistreer moet word. Voorts moet geldige bewyse van identifikasie en woonadres verskaf word. In die geval van minderjariges (kinders onder 16 jaar) mag die SIM-kaart nie in hul naam geregistreer word nie, tensy toestemming deur 'n ouer of voog verleen is.
In die geval van 'n derde party-registrasie geld bogenoemde vereistes, terwyl 'n verklaring dit voorts moet vergesel waarin die toestemming verleen word om die nommer in die regmatige eienaar se naam te registreer.
Besighede het onder meer toestemming op 'n amptelike briefhoof nodig waarin toestemming verleen word dat die betrokke persoon namens die maatskappy optree. Die brief moet ook die naam van die persoon bevat wat die dienste namens die maatskappy sal gebruik. 'n Geldige afskrif van die maatskappy se registrasiedokumente moet dit vergesel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie