Registrasie eindig vandag

15 September 2020 | Politiek
Denver Kisting – Laatslapers wat nog nie geregistreer het nie en nie teen 19:00 vandag by 'n registrasiepunt in hul kiesafdeling is nie, sal nie op 25 November vanjaar aan die plaas­likeowerheids- en streekraadsverkiesings deelneem nie.

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gistermiddag by monde van sy woordvoerder, me. Lina Ndengu, gesê daar is nog geen planne om die aanvullende registrasie­tydperk wat vandag ten einde loop, te verleng nie.

Sou so 'n besluit wel geneem word, sal dit vandag eers gekommunikeer word, het sy by navraag gesê.

Dít kom nadat verskeie politieke leiers die afgelope week gesê het agt dae is nie voldoende nie.

Mnr. McHenry Venaani, leier van die Popular Democratic Movement (PDM), het verlede week op 'n ­nuuskonferensie in die hoofstad te velde getrek teen die agt dag lange proses.

Mnr. Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), het gister gesê dit sal wys wees om die registrasie tot minstens Vrydag te verleng.

“Die ECN het nie die data vrygestel om aan te dui wat hul verwagting is wat getalle betref nie, d.w.s. hoeveel Namibiërs het 18 geword sedert Julie 2019, hoeveel mense uitgelaat is verlede jaar, ensovoorts. So, dit is moeilik om te weet of daar baie mense is wat uitgelaat is. Ek dink egter dit sal wys wees om tot Vrydag uit te stel om te verseker dat almal 'n kans gegun is om te stem.”

Naas mense wat nog nooit tevore geregistreer het nie, maak die huidige proses voorsiening vir diegene wie se vanne verander het, diegene wat verhuis het en dié wie se kieskaarte beskadig of verlore is.

Mnr. Theo Mujoro, die hoofkiesbeampte, sê ongeveer 96 247 stemgeregtigde Namibiërs het tussen 7 en 12 September aan die proses deelgeneem.

Van dié getal is 34 270 nuwe voornemende kiesers wat vir die eerste keer registreer, sê hy. “Die verskil is mense wat registreer weens 'n verandering van adres en die vervanging van verlore of beskadigde kieskaarte.”

Volgens die kieskalender vir 2020 sal 'n voorlopige kiesersregister tussen 30 September en 5 Oktober by strategiese plekke in alle kiesafdelings en plaas­like owerhede vertoon word, sê Mujoro.

Ndengu het gister gesê hulle het nog nie die afgelope naweek se registrasiesyfers verreken nie.

Die ECN sal ná afloop van die proses omvattende besonderhede bekend maak, het sy gesê.

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

9 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

9 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

9 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...