Register vir seksoortreders kan GBV hokslaan
Register vir seksoortreders kan GBV hokslaan

Register vir seksoortreders kan GBV hokslaan

Onderwysers wat seksuele verhoudings met leerlinge aanknoop, sal onmiddellik ontslaan word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

’n Nasionale register vir seksoortreders, spesiale howe waar oortreders van seksuele en geslagsgeweld (GBV) verhoor word en ’n hersiening van gepaste en swaar strawwe vir dié oortreder is van die stappe waartoe die regering homself verbind het om die pandemie van GBV in die land hok te slaan.

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het in die Nasionale Vergadering gesê navorsing vir ’n nasionale register het reeds begin en oorweging word geskenk aan die implementering binne die konteks van die wet.

Tans maak die wet teen geslagsgeweld voorsiening vir gevalle waar die slagoffer jonger as 18 jaar is. Met verwysing na spesiale howe het sy gesê bestaande strukture sal gebruik word en waar ruimte beperk is binne die sektor, sal reëlings getref word om ander beskikbare infrastruktuur te gebruik.

Volgens die eerste minister maak die huidige wet voorsiening vir strawwe vir oortreders vir tot 37 jaar wat gelykstaande aan twee derdes van lewenslange tronkstraf is. ’n Veroordeelde moet 25 jaar uitdien voordat hy op parool vrygelaat kan word.

Kuugongelwa-Amadhila het beklemtoon werk duur voort om kapasiteit te verseker vir doeltreffende ondersoeke om sodoende te verseker oortreders word suksesvol vervolg.

Maatreëls rakende moord en seksuele oortredings sluit in die samestelling van ’n databasis van alle aktiewe gevalle op die hofrol; ’n gesamentlike ondersoek oor waarom ondersoeke nie in hangende sake afgehandel word nie; die prioritisering van gevalle volgens die ouderdom van slagoffers; die duur van die saak en kompleksiteit van ondersoeke; die kontak van die slagoffer of familie van die slagoffers in elke hangende saak om hulle oor die status van die saak in te lig en die voorsiening van psigo-maatskaplike steun aan slagoffers en getuies om hulle vir die hofsaak voor te berei.

Volgens Kuugongelwa-Amadhila sal huidige gevangenes in die tronkstelsel geëvalueer word en sal herhaalde oortreders van ander geskei word.

“Dié benadering word reeds uitgevoer. Oortreders wat vonnisse langer as 18 maande en langer uitdien, word in agt verskillende tronke volgens ’n klassifikasie aangehou. Laasgenoemde neem faktore soos die huidige oortreding, geskiedenis van oortredings, lengte van die vonnis en die ouderdom tydens die oortreding in ag,” het sy gesê.

Die klassifikasie stel tronkowerhede in staat om in ooreenstemming met oortreders se klassifikasie die verwante rehabilitasie te bied.

Volgens die eerste minister kan die borgtog van huidige verhoorafwagtendes wat van seksuele oortredings of moord aangekla word, op grond van die nodige bewyse herroep word.

“Die wet vir kriminele prosedures gee aan sittende beamptes by die howe die diskresie om borgtog in openbare belang te weier,” het sy gesê.

Ook word deurlopende gewapende patrollies 24 uur per dag ingespan, terwyl die regering voortgaan om meer finansiële en logistieke hulpbronne vir meer operasies en patrollies te mobiliseer.

Kuugongelwa-Amadhila het met verwysing na vroue wat sake teen oortreders onttrek, gesê die huidige wet maak voorsiening dat aangemelde GBV-sake enduit gevoer word. Streng prosedures geld voordat sulke sake onttrek mag word.

“Hoewel die staat die mag het om met die sake voort te gaan, raak die afsluiting van sulke gevalle moeilik omdat dit hiervoor op getuies staatmaak. Aanklaers het die samewerking van slagoffers en getuies nodig,” het sy gemaan.

GBV-beskermingseenhede sal volgens die eerste minister ook versterk word en die Namibiese polisie sal kandidate identifiseer om die vakante poste by die 159 eenhede as ’n saak van dringendheid te vul. Forensiese ondersoekers en kundiges op die gebied van die identifisering van biologiese opsporing gaan in die huidige finansiële jaar gewerf en opgelei word.

Hoewel GBV-eenhede Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 17:00 oop is, word voorsiening gemaak dat personeel op bystand is om noodgevalle na-ure en tydens naweke en vakansiedae te hanteer. Voorsiening gaan ook gemaak word vir afgeleë en mobiele GBV-voorkomingseenhede, terwyl voorkomingsprogramme ook by leerplanne van skole geïntegreer sal word.

’n Raamwerk vir veilige skole sal ook onder die vaandel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur opgetrek word.

Kuugongelwa-Amadhila het gemaan enige onderwyser wat seksuele verhoudings met leerlinge het, sal ontslaan word en mag vir minstens agt jaar nie weer deur die ministerie in diens geneem word nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%