Regering trek 'struggle kids' nie voor
Daar bestaan nie 'n beleid dat die sogenaamde struggle kids werk ten koste van ander Namibiërs moet kry nie, sê die eerste minister.
Die regering behou nie “noodwendig” werksgeleenthede vir kinders van die vryheidstryd voor nie, maar wend wel “spesiale pogings” aan om te verseker van die posisies wat beskikbaar is, word vir dié groep aangebied, sê die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila.
Daar bestaan nie 'n beleid dat die sogenaamde struggle kids werk ten koste van ander Namibiërs moet kry nie. Hulle moet egter in die arbeidsmag “geïntegreer” word. Die regering se standpunt is dat werksgeleenthede regverdig verdeel moet word, het Kuugongelwa-Amadhila in 'n onderhoud met Nampa gesê.
Verskeie gemeenskappe landswyd is in opstand en glo die struggle kids word deur die staat in poste aangestel vóór ander plaaslike inwoners.
Inwoners van Omitara het onlangs 'n protesoptog gehou ná ses kinders van die vryheidstryd by 'n nuwe staatskool aangestel is, terwyl sowat 80% van dié gemeenskap werkloos is.
Soortgelyke optogte is op Tses, Keetmanshoop en Mariental gehou.
Kuugongelwa-Amadhila sê die regering glo nie 'n beleid wat bepaal mense kan net in streke aangestel word vanwaar hulle kom, sal tot nasiebou bydra nie.
OMSTREDE PLAASTRANSAKSIE
Dit is jammer grootskaalse werksgeleenthede is nie beskikbaar nie. As daar byvoorbeeld vyf poste is, kon een of twee aan die kinders van die vryheidstryd gegee word en die res aan ander, sê die eerste minister.
Sy het na die omstrede plaastransaksie met die Russiese miljardêr, mnr. Rashid Sardarov, verwys en gesê die goedkeuring daarvan was onder meer onderworpe aan die skep van 15 werksgeleenthede vir struggle kids.
Dit beteken nie dié groep kry spesiale behandeling nie, sê sy.
“Ons verwag nie dat net 15 werksgeleenthede deur die onderneming geskep sal word wat die belegger probeer begin nie. Ons verwag baie geleenthede.” - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie