Regering staan bakhand vir 2% van Namibiërs se jáárlikse inkomste
Denver Kisting – Die verwarring oor of die regering Namibiërs vra om 2% van een maand of een jaar se basiese salaris te skenk, is uit die weg geruim.
Dr. George Simataa, die kabinetsekretaris, het vanoggend in ’n nuusvrystelling gesê die regering sal dit waardeer as álle Namibiërs wat toegang tot ’n inkomste het – nie net diegene wat ’n salaris verdien nie – 2% van hul basiese jaarlikse inkomste vir droogtehulp skenk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie