Regering laat val nuwe 2%-bom
Denver Kisting
Namibiërs vaar opnuut uit alle oorde uit teen die regering se versoek om finansiële hulp.
Dit het die afgelope Vrydag rugbaar geword die regering wil nou selfs meer as die aanvanklike 2% van een maand van alle werkers se basiese salaris hê.
Luidens 'n brief van dr. George Simataa, die kabinetsekretaris, wil die regering nou 2% van die jaarlikse inkomste van álmal hê.
Simataa beklemtoon weer eens die bydrae is vrywillig en stip opsies uit oor hoe Namibiërs hul deel kan doen.
Onder meer kan Namibiërs wat die versoek gunstig ontvang, 2% van een jaar se basieses besoldiging eenmalig betaal, lui die omsendbrief.
Die hulp word glo volgens die jongste pleidooi vir die voortslepende droogte geoormerk.
Aanvanklik sou die 2% vir die droogte en vir jeug- en ondernemingsontwikkeling aangewend word.
Die regering het hom die afgelope paar maande die gramskap van baie Namibiërs op die hals gehaal met sy versoek aan werkers om 2% van een maand se salaris te skenk.
Voor die regering nie sy huis in orde kry nie, kan hy vergeet van enige skenkings, sê sommige inwoners.
Dit gons veral in die sosiale media oor die jongste wending.
Een volgeling op Republikein se Facebook-blad sê die regering kan hul versoek om hulp op hul mae skryf. “Ek boer. So, ek sal sommer my 2% terugploeg in my eie droogtegeteisterde diere en mensies wat saam met ons op die plaas is, wat nie veel gaan wees nie.
“Aangesien die Suide al vyf jaar plus droogte beleef, is die finansies/inkomste net so skraal soos ons diere,” sê die boere.
'n Ander gebruiker spreek haar skok uit oor die veranderde versoek: “Nou het dit sommer al 2% van jou jaarlikse basiese inkomste geraak – nie net 'n maand s'n nie. . . belaglik.”
Volgens 'n ander leser is 'n staking deur staatsamptenare op hande. “Hierdie is als propaganda om 'n punt te bewys. Staatsamptenare het drie jaar laas 'n verhoging gehad terwyl als nog net opgegaan het. Nou wil die regering nog medies met 100% laat opgaan.
“Onderwysers gaan staak wanneer dit die seerste maak – eindeksamens.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie