Regering, gee gratis maskers
ANONIEM SKRYF:
Hiermee wil ek my misnoeë te kenne gee in verband met Vrydag se koerantberig, "Duisende as jy nie maskers dra".
Die Staatskoerant publiseer die boetes wat betaal moet word. Indien jy nie 'n masker in die openbaar dra nie - N$ 4 000.
Waar kom die N$4 000 vandaan as jy bv. nie geld het om 'n masker te koop nie? Dit is nie goedkoop nie. Dit is ook nie gratis nie. Die regering het nog nêrens waar ek beweeg maskers of sanitizers GRATIS uitgedeel nie.
Indien jy na 21h00 op straat verskyn - N$4 000.
As ek enige tyd tussen 21h00 en 04h00 na 'n hospitaal gaan, waar kry ek daai tyd 'n dokcument wat aandui dat ek 'n dringende nood het? Ek moet seker eers by die hospital uitkom voordat ek so 'n dokument kan toon.
EK WIL WEET
Hoekom is dit vir die regering so MAKLIK om die publiek te DREIG? Hoekom is dit vir die regering so MOEILIK om in die publiek se nood en behoeftes te voorsien? Die ministers wat so reëls en wette maak en afdwing was nog nie een dag in hulle lewe pennieloos nie - nie soos die arme man, vrou, kind en familie op straat wat in die meeste gevalle honger, werkloos of haweloos is.
Ek doen n beroep op die minister van gesondheid om DRINGEND GRATIS MASKERS, SANITISERS, VITAMIENAANVULLINGS aan die publiek te voorsien. Waarvoor word al die Covid-sponsors en hulp gebruik?
Publieke vervoer steier onder onwettige vervoer. Drywers in publieke vervoer kan nie bekostig om vir elke pasasier 'n maskers te koop of te gee nie. Verskaf GRATIS maskers aan die operateurs van publieke vervoer. Ek wil sien of die regering wat wette maak en boetes afdwing, dit kan beskostig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie