Reeks by Omeya afgesluit
Gholf
Die Omeya gholfklub het Vrydag die laaste kompetisie vir die jaar in sy Syfer 3-reeks aangebied.
Altesame 58 spelers het meegeding in die toernooi oor 12 putjies wat ook 'n geelbal-alliansie ingesluit het.
Elke span (van vier spelers) kry 'n geel bal en elke spanlid moet dan afwisselend met daardie bal speel. Op elke putjie tel die speler wat die geel bal sink, se punte as sy eie telling én die span s'n. Die geel bal word gemerk en moet ná die dag se spel terugbesorg word en 'n verlore bal beteken dat hulle nie vir die spanprys in aanmerking kom nie.
Die organiseerders bedank BuildWise vir hul borgskap en fantastiese pryse.
Die wenners was:
Vrouewenner: Wilmari Woest, 22 punte.
Manswenner: Dan Zwiebel, 27 punte.
Tweede: Jaco van Reenen, 25 punte (uittel).
Derde: Greg Wise, 25 punte.
Vierde: Johan Steyn, 24 punte.
Vyfde: Douglas Holtzhausen, 23 punte (uittel).
Geelbal-alliansie: Greg Wise, Gert Lambert, Johan Husselmann, Herman Botma.
Wenners van die gelukstrekking: Ruanda de Beer, Suzette Vermeulen en Schalk van Niekerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie