Rede seu00ebvier
Rede seu00ebvier

Rede seëvier

Dani Booysen
Die regering en president Hage Geingob verdien krediet vir besluite wat gister aangekondig is om ekonomiese herstel te bevorder ondanks gemeenskapsverspreiding van Covid-19 in die Erongostreek.

Ná 'n onseker morbiditeit, die opvlam van humeure en bespiegelings oor hernude inperkings het rede gewen.

Erongo was beslis teen die toue en die verlenging van fase 1-inperkings sou vir baie 'n uitklophou gewees het. Die ekonomie is ook nie soos 'n voertuig nie: dis nie net vir sleutel draai en daar gaan ons nie.

Honderde miljoene en miljarde se skade moet herstel word.

'n Aankondiging laat verlede week of selfs oor die naweek sou onsekerhede vinniger uitgeskakel het. Ouers, byvoorbeeld, verdien nie om die namiddag voor die tyd (hopelik) te hoor hul spruite kan nie teruggaan skool toe nie. Afwagting hoef nie tot die laaste nipper uitgerek te word nie.

Uit sekere oorde sal kritiek teen van die regering se besluite wees. En daar moet steeds plek vir robuuste gesprekvoering wees.

Hoekom genoegsame isolasie- en ander geriewe nie binne 100 dae in Erongo die lig kon sien nie, moet behoorlik ondersoek word. Dit lyk soos die gevolg van swak toesig en monitering – gebreke wat al baie regeringsplanne in die wiele gery het. En ander streke is nie veel meer gereed nie.

As burgers, werkgewers, ander organisasies en gemeenskappe is dit nou ons plig om die verantwoordelikheid op te neem om deur ons eie gedrag die moontlike verspreiding van Covid-19 hok te slaan. Ons is dit aan mekaar en ons land verskuldig.



So sê ander

22 Junie 2020



Bold, out-of-the-box thinking needed



On Wednesday, it will be exactly 20 months since Tito Mboweni gave his first midterm budget policy statement.

In his wildest dreams, he couldn't have predicted how he would be marking the occasion.

Mboweni will address the nation on Wednesday in conditions that have much changed again — for the worse. From the most important budget in just over decades in February, this one might well be the most crucial in more than a century.

While nobody could have foreseen the Covid-19 disaster and its impact, the fiscal crisis predates it and the country had shown little urgency in dealing with it.

Will it be different this time? The noise from the ANC's alliance partners isn't encouraging. It's still about slogans rather than practical solutions that can help overcome the country's crisis.

That the economy is in need of a short-term boost or stimulus is not in question. The problem is how to fund it and at the same time reverse the disastrous deterioration in the budget.

Mboweni could surprise with bold, out-of-the box thinking but is likely to be too risk-averse.

Ultimately, the main determinant of the country's success or otherwise will be its ability to implement the type of growth-boosting reforms that Mboweni has been championing since his return to government. It's time for his reluctant party and allies to start listening.

• BUSINESS DAY

Kommentaar

Republikein 2026-07-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer