Redding duur voort ná swaar stortreën in Japan
Dit is die hoogste sterftesyfer sedert 98 mense in 2004 in 'n tifoon omgekom het.
Reddingswerkers in Japan het gister deur modder en rommel gegrawe om oorlewendes te vind nadat stortreën oorstromings en grondstortings veroorsaak het waarin byna 100 mense dood is en talle vermis geraak het.
Die reën oor die westelike streek het afgeneem ná verlede week se buie. Temperature bo 30 °C stel mense wat nou sonder skuiling, krag of water sit in gevaar.
“Ons kan nie bad nie, die toilet werk nie en ons kos raak min,” sê Joemeko Matsoei, wie se huis in die stad Mihara sedert Saterdag sonder water staan.
“Bottelwater en bottels tee is alles uitverkoop,” het die 23-jarige kleuterskoolwerker by 'n stasie vir nood watervoorrade gesê.
Bykans 12 700 mense het gister geen elektrisiteit gehad nie, het kragmaatskappye bevestig. Tienduisende mense is sonder water, berig die plaaslike media.
DODETAL
Die dodetal weens die reën het tot minstens 94 gestyg nadat vloedwater miljoene mense uit hul huise gedwing het, het die nasionale uitsaaier, NHK, berig. Dit is die hoogste sterftesyfer sedert 98 mense in 2004 in 'n tifoon omgekom het.
Nywerhede is ook geraak. Mazda Motor Corp het aangedui sy hoofkantoor in Hirosjima is gesluit.
Die motorvervaardiger het werksaamhede by verskeie aanlegte weens verlede week se reën opgeskort en gesê twee aanlegte sal tot vandag gesluit bly omdat onderdele nie ontvang kan word nie. Geen skade is aangerig nie. Raffinaderye en opslagplekke vir olie is nie geraak nie, maar paaie wat versper is het toegang tot een opslagplek van Showa Shell ingeperk wat tot 'n tekort aan gas en diesel in nabygeleë gebiede gelei het.
Water het steeds gestroom deur meeste van die stad Koerasjiki, wat swaar getref is.
Die roete na 'n hospitaal, waar byna 100 pasiënte en personeel sedert Sondag vasgekeer is, is egter heropen.
Duisende mense het na ontruimingsentrums in die stad se distrik, Mabi, gegaan.
“Niemand het enigiets om te dra nie. Ons kort hemde, broeke, onderklere, sokkies en selfs skoene,” het Kaori Ito, burgemeester, aan 'n koerant gesê.
Hoewel minder mense nog aangesê word om na veiligheid te gaan, word daar van byna 2 miljoen mense verwag om weg van hul huise te bly, het noodbeamptes gesê.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie