Red SOE’s, pleit Jooste
Dié sektor kort dringend hulp, sê die minister.
Catherine Sasman - Die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, het ‘n dringende beroep op die Nasionale Vergadering (NV) gedoen om die langverwagte wetsontwerp op die bestuur van staatsondernemings te aanvaar om dié sektor uit ‘n benarde posisie te red.
Hy het die wetsontwerp gister ter tafel gelê – bykans drie jaar ná die ministerie tot stand gebring is om ‘n model te skep wat groter sentrale eienaarskap vir dié sektor tot gevolg sou hê.
Jooste het gesê die wetsontwerp sal die regering se toesig versterk en die staat in ‘n posisie plaas waar dit as ‘n professionele aandeelhouer kan optree.
Hy sê die ministerie het baie tyd daaraan bestee om die kernredes vir SOE’s se “ooglopende mislukking” te ontleed en te diagnoseer, en sê die slotsom was dat die tweeledige bestuursmodel wat tans bestaan, nie werk nie.
“Hierdie is nie ‘n Namibiese mislukking nie, maar eerder ‘n algemene wêreldwye scenario en daarom het baie lande reeds wegbeweeg na ‘n meer sentrale bestuurs- en eienaarskapmodel,” het Jooste gesê.
Die dringendheid van die wetsontwerp het hy deur middel van syfers verduidelik.
Teen 30 Junie is die totale batewaarde van die SOE-portfolio N$93 miljard. Die sektor verskaf werk aan 17 224.
Die totale verliese is egter N$44 miljard, wat ‘n netto batewaarde van slegs N$49 miljard beteken.
Die kommersiële SOE’s het ‘n batewaarde van N$62 miljard, N$30 miljard se laste, en ‘n jaarlikse inkomste van N$23 miljard, N$21 miljard se uitgawes en slegs N$1,9 miljard se wins.
Dit beteken opbrengs op bates van ’n skamele 1,2%.
Jooste het daarom benadruk die wetsontwerp moet dringend deur die NV aanvaar word om die herlewing van die sektor teweeg te bring.
BEPALINGS VAN DIE WETSONTWERP
“Ons sal verskeie maatreëls instel om wanbestuur, korrupsie en algehele swak prestasie uit te wis om die waarde aan die aandeelhouer te verbeter en om dienste en produkte doeltreffend namens die staat te lewer,” het Jooste gesê.
Hy sê daar is geen bewyse dat die tweeledige bestuursmodel enige plek ter wêreld werk nie en die ministerie het ‘n hibriede bestuursmodel ontwikkel.
Hiervolgens word SOE’s geklassifiseer as kommersiële, niekommersiële of buite-begrotingsfondse.
Die wetsontwerp stel voor die ministerie lê voorstelle aan die kabinet voor oor die klassifisering van die entiteite.
Sodanig sal ook verwag word van die SOE’s om volhoubare winste voort te bring en om dividende aan die regering te betaal.
Buite-begrotingsfondse het slegs begrotings van die regering tot hul beskikking.
Die minister kan ook enige bepaling van dié wetsontwerp op enige van die SOE’s van toepassing maak.
Hy sal die regering as aandeelhouer van die kommersiële entiteite verteenwoordig en kan raadslede aanstel of verwyder.
Die minister kan voorskryf watter inligting die SOE’s aan die ministerie moet verskaf, wat die raadslede se verantwoordelikhede behels, watter rekords gehou moet word, en onder watter omstandighede boetes betaal moet word as SOE’s nie aan hul mandate voldoen nie.
Hy kan ook bepaal watter soort ondersoeke gelas moet word en kan prestasiemaatreëls voorskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie