Red nou – later sal nie help
Verlede week het onderwys in die Khomasstreek opnuut sy nood uitbasuin.
Talle ander streke is in dieselfde bootjie.
Khomas benodig agt nuwe hoërskole en vier nuwe laerskole. Die streek het tans 129 skole. Die tekort aan geriewe is sowat nege persent.
Wanneer statistiek vir 2020 se 15de skooldag aangekondig word, behoort die prentjie nog duideliker te wees.
In 2013 het Namibië landwyd 55 nuwe skole benodig; 'n tekort van 3%. Alle aanduidings is dus dat die agterstand groei – en al moeiliker ingehaal sal word.
Die afgelope naweek moes van HTS Windhoek se koshuiskinders huis toe gestuur word omdat die skool se krag afgesny is weens munisipale skuld. Hierdie skuldkrisis speel hom elke paar maande in die hoofstad en elders in die land af.
Ander skete sluit in beperkte staatsubsidies, tekorte aan handboeke en onderrigmateriaal, vervalle geboue, tekorte aan onderwysers in sekere vakke en klasse waarvoor daar geen leerkragte is nie.
Die vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5), geskryf vir 2017 tot 2022, bevat nie duidelike mikpunte vir die oprigting van nuwe skole nie. Beter onderhoud word bloot breedweg aanbeveel.
Baie kapitale besteding in die begroting, byvoorbeeld vir die oprigting van nuwe klaskamers en skole, beland die afgelope jare terug in die bedryfsbeursie bloot om staatsfunksies aan die gang te hou.
Sonder die regte ingrypings kan die Namibiese onderwysstelsel stelselmatig in duie stort.
Die regering se erns met onderwys, soos ander sake, sal weerspieël word deur wie pres. Hage Geingob in die portefeulje in sy nuwe kabinet gaan aanstel.
So sê ander
CR en ANC se vasklou aan SAL hoogs vreemd
Pres. Cyril Ramaphosa, sy regering en die ANC se repudiëring van die SAL-sakeredders oor die afskaffing van bepaalde vlugroetes is 'n eie doel wat behaal is teen enige sinvolle vordering.
Dit is ook hoogs onvanpas dat hulle in dié stadium teen bevindings in 'n wetlik onafhanklike proses uitvaar.
Daarom is dit te verwelkom dat Les Matuson en Siviwe Dongwana volstaan met hul besluit dat bepaalde binnelandse roetes van die SAL geskrap moet word, met die gevolglike vermindering van poste.
Dit blyk uit die regering se reaksie dat rolspelers die sakereddingsproses nie ten volle begryp nie en vasklou aan die gek idee dat alles kan bly soos dit is by die SAL, maar dat dit dan steeds gered kan word.
Ramaphosa, sy regering en die ANC het hul kans gehad en dit heeltemal verspeel. Nou is dit die sakeredders se beurt en wetlike plig om te doen wat rasioneel moontlik is “om die saak te red”.
Ramaphosa en sy kollegas se reaksie is uit vrees vir Cosatu-vakbonde wat die lugdiens tot elke prys probeer lewend hou om hoogs onproduktiewe lede in diens te hou.
Dis onhoudbaar dat belastingbetalers die werksekerheid van 'n paar duisend werknemers ten koste van ekonomiese groei subsidieer. Die geleenthede wat ontsluit kan word as staatsondernemings se wurggreep op die staatskas en ekonomie gebreek word, kan juis meer geleenthede vir van die miljoene werkloses in die land bied.
• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie