Rebelle ruk weer op teen DRK-regering
’n Groep gewapende rebelle het die afgelope naweek die grens tussen Uganda en die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) oorgesteek. Dit kan die begin van gewapende optrede teen die regering van die DRK wees.
Mnr. Sultani Makenga, voormalige leier van die M23-rebelle, lei die groep en die meeste vegters kom oënskynlik van kampe vir oud-M23-rebelle af.
M23 is in 2013 deur die Verenigde Nasies (VN) se ingrypingsmag, wat grootliks uit Suid-Afrika bestaan het, verslaan. Die rebelle was volgens ’n vredesooreenkoms veronderstel om gedemobiliseer te word, maar dit lyk of hulle hulself weer bewapen.
Mnr. Lambert Mende, regeringswoordvoerder van die DRK, sê die Kongolese weermag het op die groep se optrede gereageer, maar wou nie sê hoe nie. Daar was nie gevegte tussen die rebelle en regeringstroepe nie.
Dit is ook nie duidelik waar die rebelle hulself bevind nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie