Rebelle-leier ontsnap in DRK
Rebelle het gister Kinshasa se sentrale gevangenis aangeval en hul leier bevry.
“Volgelinge van Bundu Dia Kongo (BDK) het die Makala-gevangenis met dagbreek aangeval en ongeveer 50 gevangenes insluitende hul leier, Ne Muanda Nsemi, bevry,” het Lambert Mende, regeringswoordvoerder van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), gesê.
Hy sê veiligheidsmagte is op hul spoor. Volgens 'n plaaslike inwoner het die aanval kort voor dagbreek begin en is deur uitgerekte wedersydse geweervuur gevolg.
Een van die ontsnapte gevangenes het aan AFP gesê hy het tydens die gewelddadige konfrontasie tussen die aanvallers en tronkbewaarders weggekom. Nsemi is die geestelike leier van die BDK (“koninkryk van Kongo” in die Kikongo-taal) wat dit vir 'n opstand teen die bewind in Kinshasa beywer. Hy is vroeg in Maart saam met sy drie vrouens en sy seun in hegtenis geneem ná 'n twee weke lange beleg van sy huis in Kinshasa.
Die regering beskuldig BDK-volgelinge van 'n string gewelddadige aanvalle in die weste van die DRK sedert die begin van die jaar.
Omstreeks 08:30 gister het 'n kolom dik, swart rook bo die Makala-gevangenis gehang, met dosyne polisiemanne en soldate wat toegang tot die gevangenis geblokkeer het.
Die dramatiese aanval het plaasgevind ten tyde van die 20ste herdenking van die val van Mobutu Sese Seko. Hy het die land, destyds bekend as Zaïre, vir meer as drie dekades met 'n ystervuis regeer en is deur die rebelleleier Laurent-Desire Kabila, pa van die beleërde, huidige president, Joseph Kabila, ontsetel.
BDK en sy lede wil 'n Afrika-monargie herstel wat in die verlede Kongo-Sentraal, saam met dele van Angola, die Republiek van Kongo en Gaboen ingesluit het. -Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie